Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Image

Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

-Groei van krag tot krag-

Gansbaai se weeklikse gemeenskapskoerant is weer eens op die punt om sy vlerke nog wyer te sprei - hierdie keer met die aankoop van ons eie drukkers-toerusting - nie net om elke uitgawe weekliks self te druk nie, maar ook om die koerant in kleiner formaat aan die gemeenskap beskikbaar te stel.

Die langverwagte drukkers-toerusting word Saterdag, 10 September 2022 afgelewer en geïnstalleer - so midde in Lentemaand! Met die nuwe toerusting tot ons beskikking, sal dit terselfdertyd moontlik wees om met volgende week se uitgawe vanaf ‘n A3 na ‘n A4 oor te skakel - ‘n verandering waarvoor baie lesers lankal reeds gevra het en baie dankbaar voor sal wees - maar Rome is nie in een dag gebou nie!

Aanvanklik was die Gans-Berg Nuus ‘n 16-blad koerant (32-blad as ‘n A4) wat die afgelope tyd na ‘n 12-blad (24-blad as ‘n A4) afgeskaal is. Dit was as gevolg van buitensporige drukkoste-verhogings, wat dan ook ons grootste motivering was om ons eie drukmasjiene aan te koop. Voortaan sal lesers weer ‘n ‘ou’ 16-blad, maar nou ‘n 32-blad en in A4-formaat, kan koop - ‘n lekker handige en ‘dik’ plaaslike koerant, gevul met gemeenskapsnuus!

Sedert 3 Julie 2020 toe Gans-Berg Nuus die eerste lig ‘aanskou’ het, was daar gereeld nuwe hoogtepunte wat op die uitstaande groei van ons koerant gedui het. Eerstens het die eerste uitgawe tydens die hoogste vlak van die pandemie op die winkelrakke in die Overberg- en Overstrandstreke verskyn. Dit het destyds ‘onverskrokke’ waagmoed van Michelle van Zyl, eienaar, geverg om hierdie besluit te neem - ‘n raps meer as 2 jaar later, met harde werk, baie sweet en deursettingsvermoeë deur haar en haar personeel, kan daar met trots teruggekyk word op Gans-Berg Nuus se groei.

Daarna volg ‘n tweede hoogtepunt - die vinnige groei van die koerant het groter kantoorruimte vereis, wat die verskuiwing op 30 Junie 2021 na die Protea Sentrum in Hoofstraat, Gansbaai genoodsaak het - dit het ook groter sigbaarheid meegebring. ‘n Volgende hoogtepunt was ons gewilde en tweetalige resepteboek, Recipe & History Book, ‘n volwaardige ‘koffietafelboek’ wat gedruk en uitgegee is. Gans-Berg Nuus se inskakeling by Xplorio Gansbaai, met die Gans-Berg Nuus se eie Xplorio-profiel, was ‘n volgende hoogtepunt. Nou sien ons uit daarna om ons koerant self te druk en in ‘n kleiner en geriefliker hanterings-formaat te versprei.

“Ons as ‘n span bedank graag die gemeenskap, sakelui en alle instansies vir voortgesette en getroue ondersteuning,” sê Michelle. “Ons sien uit na Gans-Berg Nuus se pad vorentoe met almal se ondersteuning en lojaliteit teenoor ‘n eie weeklikse gemeenskapskoerant.” 

Gans-Berg Nuus se verspreidingsarea sluit Groter Gansbaai, Stanford, Hermanus, Pearly Beach, Baarskeerdersbos, Napier en Bredasdorp in. Die volledige span, ingesluit kontakbesonderhede, word weekliks in elke uitgawe gepubliseer. Kontak ons gerus vir nuus, prestasies en natuurlik broodnodige advertensies wat noodsaaklik is vir almal van ons se sake- en besigheidsgroei, asook om nóg beter dienslewering aan die gemeenskap te bied.

 
Hardus Botha
Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

Exciting New Arrivals at Hermanus Factory Shop

Exciting New Arrivals at Hermanus Factory Shop

Step inside and discover the latest additions that blend quality, style, and unbeatable value.

Hermanus Factory Shop
2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Transform Your Space with Prominent Paints

Transform Your Space with Prominent Paints

For over 40 years, Prominent Paints has been a name South Africans trust.

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

- Specific schedule for Gansbaai mentioned lower down in this notice for the convenience of our holidaymakers.

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

See All Articles