Blog

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Gans-Berg Nuus / News

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Sylvie Agenbach van Franskraal vertel dat die tyd so verbyvlieg, dat sy self nie kan glo dat sy nou ‘n ‘80-jarige’ vrou is nie! Sylvie, wat nog op-en-wakker is, het haar 80ste lewensmylpaal op Donderdag, 16 Mei 2024 bereik. Sy het familie-lede en vriende op Saterdag, 18 Mei 2024 met ‘n gesellige braaivleis en smaaklike bykosse en nagereg in die Birkenhead Boothengelklub se saal onthaal. Haar broer, Joe Smit het vir uitmuntende kitaarmusiek en sang gesorg - dié man mag maar kitaar speel en sing, wat hy ook gereeld tydens bootklubfunksies doen. Lesers sal van baie berigte in die verlede onthou oor Sylvie en haar Klopse Dansertjies wat gereeld by spesiale geleenthede opgetree het - altyd getooi in die fraaiste kleredrag, veral jaarliks met die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies. Dan was sy ook betrokke by teateroptredes, opvoerings en die Fees van die Ganse se Fynbosskou. Die kunstige Sylvie is ook ‘n lid van die SAPD Bond vir Afgetrede SAPD-lede se komitee. Voorheen het sy ook sertifikate vir Noodhulpen Brandweer verwerf. Sylvie het twee dogters, Zurane in Ierland en Deidré in Somerset-Wes en sy spog met 4 kleinkinders - almal Ouma se oogappels! Sylvie kom uit ‘n gesin met, glo dit of nie, 16 kinders. Hulle het almal tussen Bredasdorp, Hermanus en Kleinmond grootgeword. 5 van die 16 kinders is reeds oorlede, met 9 (Sylvie ingesluit) van die oorlewendes wat almal tydens haar verjaarsdagvieringe teenwoordig was - dit wil gedoen wees! Slegs twee broers, Danie van Pringle Bay en William van Pretoria kon die teenwoordig wees nie. (Sien inlasfotos op groepfoto). Nou-ja, Sylvie, die jare staan nie stil nie, nê?! - ‘n Geseënde en gesonde nuwe lewensjaar word jou toegewens!

Hardus Botha

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Healing Begins Within

Healing Begins Within

I have yet to meet a person who moved through childhood completely untouched by life.

Your Body After Narcissistic Abuse

Your Body After Narcissistic Abuse

Why your body still reacts to the narcissist long after they are gone.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg Nuus / News
Solar Energy Solutions in the Overberg

Solar Energy Solutions in the Overberg

Looking for reliable, sustainable energy solutions in the Overberg?

AllSolar Overberg
Is Your Liver Affecting Your Skin?

Is Your Liver Affecting Your Skin?

The liver is your primary detoxification organ! 

Mai Co.
Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

See All Articles