Oukersdag Ete
Kom kuier saam op 24 Desember vir ons Oukersdag Ete – waar die kos warm is, die lag hard is en niemand honger huis toe gaan nie! Ag dis so lekker om hier aan te sit en die mooi plaas atmosfeer te geniet.
Verwag regte boerebord kos: lekker porsies, goeie geure en daai kos wat jou laat terugdink aan Ouma se kombuis.
Kinder-vriendelik – die kleingoed is welkom om te speel terwyl Ma en Pa rustig eet.
Plaaskombuis vibes, plaasgasvryheid en feestyd-pret!

Vier die Feesseisoen met ’n Spesiale Kersfeesbuffet
Kersfees is ’n tyd van saamwees, dankbaarheid en natuurlik heerlike kos. Hierdie feesseisoen nooi ons jou uit om saam met ons te vier en ’n smaaklike Kersfeesbuffet te geniet, gevul met trooskos en geliefde plaaslike gunstelinge, alles in ’n pragtige plattelandse omgewing.
Voorgereg
Begin jou ete met ’n tuna mould bedien met plaasbrood, ’n ligte en smaaklike begin tot jou Kersfeesmaal.
Hoofgereg
Ons Kersfees-spyskaart bied ’n ruim keuse om elke eetlus te bevredig. Kies tussen ’n sappige lamsgebraai of gammon, bedien met ’n verskeidenheid tradisionele bygeregte insluitend ou-styl hoenderpastei, gebakte aartappels, geurige rys, romerige spinasie, pampoenpastei en seisoenale groente.
Benewens die braaikeuses, sluit die buffet ook oxtail, kerrie-afval, lamskerrie, bobotie en bierbeslag-stokvis in.
Nagereg
Sluit jou maaltyd af met ’n feestelike nageregbuffet, die perfekte afronding van jou Kersfeesviering.
Pryse
Driegangmaal teen R420 per persoon
Twee gangmaal teen R380 per persoon
Wanneer: 24 Desember 2025
Waar: Die Plaaskombuis
Bring: Jou eetlus en jou mense





