Blog

Die blywende skade wat deur gebrokehartsindroom veroorsaak word.

Die blywende skade wat deur gebrokehartsindroom veroorsaak word.

Gansbaai Pharmacy

’n Studie het gevind dat om aan ’n gebroke hart te ly net soveel langtermynskade aan jou gesondheid kan veroorsaak as hartstilstand. Sowat 3 000 Britte ly elke jaar aan gebrokehartsindroom, ook bekend as takotsubo-sindroom, wat meestal vroue affekteer. Volgens navorsing kan die skielike verhoging in hormone wat deur stresvolle emosionele voorvalle soos die dood van ’n geliefde, ’n egskeiding, verraad of romantiese verwerping veroorsaak word die

hartspier beskadig. Dit kan ook veroorsaak word deur ’n positiewe gebeurtenis, soos om ’n lotery te wen, en in uiterste gevalle kan die slagoffers aan die toestand sterf.

Daar is tot nou toe gedink dat die hart volkome kan herstel, maar navorsing wat in die Journal of the American Society of Echocardiography gepubliseer is, beweer dat die spier werklik skade ly. Dit kan verklaar waarom lyers ’n soortgelyke lewensverwagting het as dié wat hartaanvalle gehad het.

Die sindroom is takotsubo genoem, wat Japannees is vir ‘seekatpot’, want die linkerventrikel – die hart se onderste kamer – het ’n vorm soortgelyk aan dié van ’n vispot.

’n Span van die Aberdeen Universiteit wat befondsing van die Britse Hartstigting ontvang, het 52 takotsubo- sindroompasiënte vir vier maande lank gemoniteer. Hulle het ultraklank- en kardiale MRB-skanderings gebruik om te kyk hoe die pasiënte se harte funksioneer. Die resultate het getoon dat die sindroom die hart se pompaksie permanent beïnvloed het, terwyl gedeeltes van die spier letsels gekry het wat die elastisiteit van die hart beïnvloed het en veroorsaak het dat dit nie meer ordentlik saamtrek nie. Ons het altyd gedink mense wat aan takotsubo-kardiomiopatie ly, sonder mediese hulp volkome sal herstel. Hier is bewys dat hierdie siekte baie meer permanente gevolge het vir die hart van diegene wat daaraan ly.

Sir James Munby, Amerika se mees senior familiehofregter, het gesê dat gebrokehartsindroom die rede is waarom dit so belangrik is dat ouer paartjies in versorgingsplekke nie geskei word nie. Hy het gesê: “Ons weet dat mense aan ’n gebroke hart doodgaan. Hoe lank kan mense oorleef wanneer hulle ontwortel word? ’n Baie kort tydjie.”

Die blywende skade wat deur gebrokehartsindroom veroorsaak word.

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Emotional Strength: Supporting Without Rescuing

Emotional Strength: Supporting Without Rescuing

An emotionally strong you becomes an emotionally strong friend.

From Anger to Freedom

From Anger to Freedom

Anger does not have to define who you are.

Music Bingo Night with Allen Barnley

Music Bingo Night with Allen Barnley

Get ready for a fun-filled evening of music, bingo and prizes with Allen Barnley! 

La Cantina Stanford
22 August 2026: Springboks vs All Blacks

22 August 2026: Springboks vs All Blacks

Get ready for a massive Test match as the Springboks take on the All Blacks on Saturday, 22 August 2026.

La Cantina Stanford
23 August 2026: Just Adrian Live at La Cantina Stanford

23 August 2026: Just Adrian Live at La Cantina Stanford

When one of your most popular musos recommends another muso, you know you’re in for a good time! 

La Cantina Stanford
Check Internet Coverage in Your Area

Check Internet Coverage in Your Area

Wondering if Orca is available in your area?

Orca Technologies
See All Articles