Die meeste sonskerms bied deesdae breëspektrumbeskerming, is waterbestand en het ’n SPF (sonbeskermingsfaktor) gelykstaande aan 30 of hoër, soos deur die Amerikaanse Akademie vir Dermatologie (AAD) aanbeveel word.
Hier is ’n paar voorstelle:
- Indien moontlik, soek ’n produk wat sinkoksied bevat - dieselfde bestanddeel wat in die meeste bababeskermingsrome aangetref word. Sinkoksied blokkeer beide UVA-en UVB-strale. Sinkoksiedstafies is maklik om te gebruik vir kinders of volwassenes wat baie swem of sweet. Produkte wat titaanoksied bevat, is ook doeltreffende sonblokkeerders.
- Moenie suinig wees nie. Die meeste mense gebruik te min van die produk.’n Bol so groot soos ’n gholfbal sal genoeg wees om die meeste mense van kop tot tone te beskerm, en dit moet ten minste elke twee uur weer aangewend word.
- Indien jy baie swem of sweet, wend elke 40 tot 80 minute weer aan, soos op die etiket aangedui word. Produkte wat vir nat vel ontwerp is, kan aangeplak word sonder dat jy jou eers hoef af te droog. Verskillende formules het verskillende teksture. Kies een wat goeie beskerming bied en ’n tekstuur het waarvan jy hou.
- Wees versigtig vir sogenaamde “natuurlike” produkte met kruiebestanddele. Produkte wat bemark word vir kleuters het dikwels bestanddele wat dieselfde is as ander, maar wat duurder is.
- Die beste strategie is ook die goedkoopste - dit is soms beter om skadu te soek in die middel van die dag. Dit is moeilik om jouself in die somer volkome te beskerm.