Blog

Hierdie aanvullings kan dalk help vir siektes wat sig beroof

Hierdie aanvullings kan dalk help vir siektes wat sig beroof

Gansbaai Pharmacy

’n Nuwe studie dui daarop dat ’n goedkoop toonbankantioksidant/sinkaanvulling wat kan help om sig by ouer mense te beskerm, ook koste-effektief is. Die medikasie is die “Age-Related Eye Disease Study (AREDS)”- aanvulling gedoop.

Die hoofnavorser van die nuwe studie sê sy span het gevind AREDS was baie koste-effektief vir die behandeling van ouderdom verwante makulêre degenerasie, spesifiek by mense wat aktiewe, nat, ouderdom-verwante makulêre degenerasie in een oog en droë ouderdom-verwante makulêre degenerasie in die ander oog het. Die studie is in die oftalmologiedepartement by die Washington Universiteit in Seattle uitgevoer.

Makulêre degenerasie is ’n progressiewe siekte wat ’n groot oorsaak van sigverlies onder ouer Amerikaners is. Die nuwe studie dui daarop dat die AREDS-aanvullings die behoefte aan duurder behandeling vir die “nat” vorm van die siekte kan vertraag.

Volgens die Amerikaanse Makulêre Degenerasie-stigting (AMDF) veroorsaak ouderdom-verwante makulêre degenerasie skade aan die makula - ’n klein kolletjie naby die middel van die retina. Dit is die deel van die oog wat benodig word vir skerp, sentrale sig. Sig kan met verloop van tyd onduidelik word en pasiënte kan op die ou einde hulle sig verloor.

Die twee basiese tipes makulêre degenerasie word nat en droog genoem. Ongeveer 10 persent tot 15 persent van die gevalle van makulêre degenerasie is die nat tipe.

Die vorige AREDS-studie het aangedui dat die aanvullings, wat anti-oksidant vitamiene met sink en koper kombineer, goedkoop en effektief is om die progressie van ouderdom-verwante makulêre degenerasie te vertraag. Die AREDS-studie het die gevolgtrekking gemaak dat ’n daaglikse aanvulling wat ’n hoë dosis anti-oksidante en sink bevat die risiko om nat ouderdom-verwante makulêre degenerasie te kry, verlaag en ook die progressie vertraag.

Die navorsingspan het na twee formules van beskikbare aanvullings gekyk. Formule 1 bevat hoë dosisse vitamien C en E, betakaroteen, sink en koper. Formule 2 bevat luteïen en seaxantien, in plaas van betakaroteen. Die navorsers het gevind dat beide samestellings koste-effektief was om pasiënte in die vroeë stadium van die siekte te behandel, maar dit was selfs meer koste-effektief vir dié wat die siekte slegs in een oog het.

Die studie is op 23 Aug. in die British Journal of Ophthalmology gepubliseer.

Hierdie aanvullings kan dalk help vir siektes wat sig beroof

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Emotional Strength: Supporting Without Rescuing

Emotional Strength: Supporting Without Rescuing

An emotionally strong you becomes an emotionally strong friend.

From Anger to Freedom

From Anger to Freedom

Anger does not have to define who you are.

Music Bingo Night with Allen Barnley

Music Bingo Night with Allen Barnley

Get ready for a fun-filled evening of music, bingo and prizes with Allen Barnley! 

La Cantina Stanford
22 August 2026: Springboks vs All Blacks

22 August 2026: Springboks vs All Blacks

Get ready for a massive Test match as the Springboks take on the All Blacks on Saturday, 22 August 2026.

La Cantina Stanford
23 August 2026: Just Adrian Live at La Cantina Stanford

23 August 2026: Just Adrian Live at La Cantina Stanford

When one of your most popular musos recommends another muso, you know you’re in for a good time! 

La Cantina Stanford
Check Internet Coverage in Your Area

Check Internet Coverage in Your Area

Wondering if Orca is available in your area?

Orca Technologies
See All Articles