Studies het gewys dat dit nie help om soetgoed met suikervrye opsies te vervang nie. Kunsmatige versoeters bevredig nie suikerdrange nie. Die antwoord is om jou smaakknoppies te leer om van minder suiker te hou. Volgens die navorsing wat in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, kan jy dit binne ’n kort tydperk doen - net soos wat dit moontlik is om jou lus vir sout te verminder.
- Verminder die hoeveelheid soetgoed/ lekkers wat jy daagliks eet, maar doen dit geleidelik. Sommige kundiges sê om dit ewe skielik heeltemal uit te sny, kan dalk tot latere vergryping lei.
- Verwyder die versoeking deur die koekies en lekkers in jou kombuiskaste te verminder.
- Voeg vrugte by jou dieet - jy sal voedingstowwe saam met die soetheid kry, iets wat verwerkte suiker nie vir jou kan gee nie.
- Begin jou dag met ’n voedingryke ontbyt wat proteïene insluit.
- Koop kos wat nie versoet is nie, soos ongegeurde jogurt, gewone hawermout, en 100%-volgraangraanvlokkies, en dan versoet jy dit self. Jy het net 'n klein mespuntjie vol nodig.
- Moenie die suikersiklus met ’n oliebol of pasteitjies begin nie.
- Laastens, oefen. Navorsing het getoon dat, behalwe vir al die gesondheidsvoordele, oefening ’n kettingreaksie begin wat jou begeerte vir ongesonde, hoëkaloriekos verlaag.
Jy kan die suikersiklus verbreek deur beter keuses te maak. Jy sal bevredig word deur laesuikerkos en sal lekkergoed af en toe as ’n bederfie waardeer.