Blog

Hoe Griep Werklik Versprei

Hoe Griep Werklik Versprei

Gansbaai Pharmacy

Mense wat griep het, kan dit verprei bloot deur asem te haal - dit is nie nodig om te hoes of te nies nie. Hierdie nuus kom van ’n studie wat toon dat druppels met die aansteeklike virus wat deur mense met griep in die lug uitgeasem word, vir minute en selfs ure lank daar bly hang. Navorsers aan die Universiteit van Maryland het vrywilligers van universiteitsouderdom met griep gewerf om in ’n laboratorium- toestel in- en uit te asem sodat die bestanddele van hulle asem gemeet kon word. Sommige van die deeltjies wat hulle uitgeasem het, was groot en vol van die griepvirus, wat op omliggende oppervlakke geval het.

Buite die laboratorium sal die beweging van hierdie deeltjies dit maklik maak vir gesonde mense om dit in te kry en griep te ontwikkel. Kleiner deeltjies was ’n selfs groter risiko - die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming (CDC) beweer dat dit in die lug kan bly hang en met ongeveer 2 meter kan versprei, sodat dit potensieel in die mond of neus van die mense daar naby kan beland en in die longe ingeasem kan word. Die CDC dui ook aan dat daar ’n groter waarskynlikheid is dat jy op hierdie manier griep sal opdoen as wanneer jy raak aan ’n oppervlak wat met die griepvirus besmet is en dan aan jou mond of neus raak. Daar is ook ’n groter kans dat jy die griepvirus sal inasem in gims of ander toe vertrekke met toegewasemde vensters - ’n teken dat lugruiling onvoldoende is en aansteeklike deeltjies toelaat om daar te bly.

Hierdie nuwe bevindings maak dit nog belangriker om algemene voorsorgmaatreëls te tref om te voorkom dat jy griep kry of dit versprei: was jou hande dikwels, vermy kontak met mense wat griep het, hou jou hande weg van jou gesig en oë, en as jy siek is, bly tuis, drink genoeg vloeistof en kry baie rus.

Hoe Griep Werklik Versprei

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Emotional Strength: Supporting Without Rescuing

Emotional Strength: Supporting Without Rescuing

An emotionally strong you becomes an emotionally strong friend.

From Anger to Freedom

From Anger to Freedom

Anger does not have to define who you are.

Music Bingo Night with Allen Barnley

Music Bingo Night with Allen Barnley

Get ready for a fun-filled evening of music, bingo and prizes with Allen Barnley! 

La Cantina Stanford
22 August 2026: Springboks vs All Blacks

22 August 2026: Springboks vs All Blacks

Get ready for a massive Test match as the Springboks take on the All Blacks on Saturday, 22 August 2026.

La Cantina Stanford
23 August 2026: Just Adrian Live at La Cantina Stanford

23 August 2026: Just Adrian Live at La Cantina Stanford

When one of your most popular musos recommends another muso, you know you’re in for a good time! 

La Cantina Stanford
Check Internet Coverage in Your Area

Check Internet Coverage in Your Area

Wondering if Orca is available in your area?

Orca Technologies
See All Articles