Blog

Raad Vir Olierige Hare

Raad Vir Olierige Hare

Gansbaai Pharmacy

Ons kopvel bevat vetkliere wat ’n olierige middel, sebum, produseer. Dit vorm ’n beskermende laag natuurlike olie wat water afweer en verhoed dat hare uitdroog. Alhoewel hierdie olie ’n goeie, natuurlike ding is, is dit egter moontlik dat jou vetkliere oortollige sebum produseer en dat jou hare dan as gevolg daarvan meer olierig raak. Om daardie olierige voorkoms eens en vir altyd op te klaar, begin met hierdie vier kure tuis.

Wend appelasyn aan: Dit het saamtrekkende eienskappe wat help om oortollige olie te verwyder. Wanneer dit behoorlik verdun word, kan ’n appelasyn-haarspoel help om die pH van die kopvel te balanseer, die opbou van haarprodukte voorkom en die regte oliebalans handhaaf. Meng drie eetlepels appelasyn met een koppie warm water. Nadat jy jou hare met ’n ligte reiniger gewas en afgespoel het, wend die appelasynmengsel op die hare en kopvel aan. Laat dit op bly vir vyf tot tien minute en spoel dit dan met koue water af. Vir die beste resultate, herhaal die spoel drie tot vier keer per week.

Hoe gereeld moet jy hare was?’n Goeie praktyk is ongeveer elke tweede dag. Die belangrike ding is om daardie goeie balans tussen oor-was en te min was te kry, wat vir elke persoon kan verskil. Indien jy oor-was, kan dit eintlik die oliekliere stimuleer om meer en meer olie te produseer. As jy egter elke tweede dag was en jy sit nog steeds met ’n olierige kopvel, kan jy maar een keer per dag was.

Probeer ’n skilfersjampoe: As jy meer olieproduksie het, kan jy ook waarskynlik skilfers kry. Dit is as gevolg van die opbou van olie op die kopvel, wat tot die ooraktiewe groei van ’n natuurlike gis kan lei, en dit kan tot simptome soos jeukerigheid, sensitiwiteit en dik, olierige vlokkies lei. As jy sukkel met olierige hare, is dit beter om te begin om ’n skilfersjampoe te gebruik om in jou kopvel in te werk. Wanneer jy die skilfersjampoe op jou kopvel aangewend het, los dit vir twee of drie minute aan voordat jy dit afspoel. Sprinkel koeksoda op: Koeksoda kan eintlik help om die olie en produk wat opgebou het, te verwyder. Dit werk baie goed as ’n plaasvervanger vir droë sjampoe.

Hoe om dit te gebruik: Sprinkel ’n bietjie (omtrent ’n halwe teelepelvol) op jou kopvel en kam dit om dit te versprei. As jy dit eerder wil probeer wanneer jy jou hare was, meng twee eetlepels met ’n 1⁄4 koppie warm water en wend dit op nat hare aan. Laat dit vir vyf tot tien minute aan en spoel dit dan af. Herhaal een tot twee keer per week om oorgebruik te voorkom.

Raad Vir Olierige Hare

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

The Leadership Shift That Changes Everything

The Leadership Shift That Changes Everything

One day, you will look back on this season.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg Nuus / News
Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

As the official DA Mayoral Candidate for Overstrand in the 2026 elections, I have taken note of the plight faced by residents across the Overstrand...

The Internet Your Business Deserves

The Internet Your Business Deserves

Run your business without limits.

Orca Technologies
How Great Leaders Rise in Uncertain Times

How Great Leaders Rise in Uncertain Times

Uncertain times reveal two kinds of leaders.

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

What if the real crisis is not your economy…

See All Articles