Blog

Jy En Die Toilet - Was Jy Jou Hande?

Jy En Die Toilet - Was Jy Jou Hande?

Gansbaai Pharmacy

As jy ooit getwyfel het oor jou werkskollegas se gewoontes rakende persoonlike higiëne, moenie verder lees nie! ’n Opname het bevind dat ’n verstommende 62 persent mans nie hulle hande was nadat hulle by die toilet was nie. En hoewel die vroue effens beter as die mans gevaar het, het 40 persent erken dat hulle ook hierdie vuil gewoonte het.

Die opname, wat onder 100 000 mense gedoen en deur ’n kleedkamerdiensmaatskappy uitgevoer is, is die grootste ontleding van handewasgewoontes wat nog ooit gedoen is. Vroue het effens beter handewasgewoontes as mans, aangesien 60 persent hulle hande was nadat hulle by die toilet was, teenoor slegs 38 persent van die mans.

Die navorsingsmaatskappy wil nou tegnologie aanwend om mense van hulle eie gewoontes bewus te maak sodat hulle hulle wasgewoontes kan verbeter. Hulle het ’n produk bekendgestel wat behels dat daar sensors op die badkamers se deure en seephouers geplaas word om te moniteer hoeveel mense die badkamer gebruik en na die tyd hulle hande was. Die anonieme data word dan in reële tyd op LCD TV-skerms in die badkamer vertoon. Werkers het hulle gedrag verander nadat hulle die data gesien het.

Handewas-koerse het binne twee dae nadat die data vertoon is tot 90 persent gestyg, voordat dit op 80 en 85 persent gestabiliseer het. Die produk is by verskillende tipes besighede gebruik, soos in die onderwys, kantoor- en winkels, asook ander sektore waar goeie handhigiëne noodsaaklik is.

’n Vorige studie het bevind dat nadat die toilet besoek is, ’n persoon gemiddeld 200 miljoen bakterieë per vierkante duim (6,25 cm2) op elke hand het. Mense kan dan die bakterieë verder na hulle hande of monde oordra,
asook na deure, sleutelborde en telefone. Dit beteken dat kantoorwerkers daagliks met ’n gemiddelde van 10 miljoen bakterieë in aanraking kom. Navorsers in die VSA het verlede jaar beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n mens se hande te was, aangesien hulle bevind het dat ’n virus binne twee tot vier uur deur ’n kantoor kan versprei.

Jy En Die Toilet - Was Jy Jou Hande?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Weekend Farm Stay Near Stanford

Weekend Farm Stay Near Stanford

Escape to the countryside with a stay at Perskepit at Beloftebos Farm Cottages.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Refer and Earn R500

Refer and Earn R500

Share the speed. Score the credit.

Orca Technologies
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Local business owners, professionals and community members are invited to take part in a collaborative economic development...

See All Articles