Home › Cape Whale Coast › Stanford › Blog › General
Blog

Klein River Cheese Verower Top Toekennings

Klein River Cheese Verower Top Toekennings

Gans-Berg Nuus / News

Klein River Cheese Verower Top Toekennings

Klein River Cheese buite Stanford het hulself weer eens as bobaas kaasmakers bewys. Dit was tydens Agri-Expo se 191ste prestige Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings-geleentheid in Durbanville op 25 April 2024 - met prestige toekennings wat onder andere aan Klein River Cheese toegeken is. Daar was ‘n rekordgetal van 1,029 inskrywings deur 78 produsente, 110 Suid-Afrikaanse Kampioene en 30 Qualité-toekennings wat gemaak is.

Die man met die breedste glimlag is Clement October (34), bekroonde Hoofkaasmaker van Klein River Cheese. Clement het tydens die kampioenskappe die groot eer ontvang om die eerste Inaugural Hollard Game Changer Award in te palm - en keer toe terug met ‘n tjek ten bedrae van R50,000, geborg deur Hollard - wat ‘n welverdiende voorreg wat Clement te beurt geval het! “Ek is daarop ingestel om my tegniese en artistieke kaasmaakkennis, asook vaardighede, uit te brei, veral op die gebiede van sensoriese evaluering, mikrobiologie en biochemie,” het Clement gesê.

Clement is al vir die afgelope 15 jaar deel van die bekroonde Klein River Cheese. Volgens Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, is die Hollard Game Changer-toekenning ontwerp om jong individue, wat reeds beduidende vordering in die suiwelbedryf gemaak het, erkenning te gee en aan te moedig.

Clement het sy kaasloopbaan op die ouderdom van 19 begin en het vir 12 jaar onder die heel bestes in die kaasbedryf geleer - die afgelope 3 jaar het hy die span as Hoofkaasmaker gelei. Onder sy leiding het Klein River Cheese 8 Suid-Afrikaanse Toekennings, 3 Qualité-toekennings en 10 medaljes by die World Cheese Awards ingepalm. Hy het opleiding in kaas- en bottermaak voltooi en is op koers om sy omvattende 'Suiwelman: Ryp Kaasmaker' kwalifikasie te ontvang. Clement is ook verantwoordelik vir die kweek van nuwe talent as passievolle jeugontwikkelaars. 

“Dit is ‘n groot eer en ‘n voorreg om hierdie toekenning te kon ontvang,” het Clement gesê. “Maar ek sou dit nie sonder my mentors kon doen nie, en ek hoop dat ek ander in die kaasbedryf sal kan inspireer, aangesien ek glo dat suiwel ‘n kragtige sektor is om verandering moontlik te maak.”

Hardus Botha

Klein River Cheese Verower Top Toekennings

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

10 May 2026: Jake Gunn and Devin Smith

10 May 2026: Jake Gunn and Devin Smith

Get ready for an amazing performance by Jake Gunn and Devin Smith on 10 May 2026!

La Cantina Stanford
2 May 2026: The Sound of Zwelihle Choir

2 May 2026: The Sound of Zwelihle Choir

The moment we’ve been working towards is almost here!

See All Articles