Blog

Tuisbloeddrukmonitors is 7 uit 10 keer verkeerd

Tuisbloeddrukmonitors is 7 uit 10 keer verkeerd

Gansbaai Pharmacy

Miljoene ouer mense gebruik tuisbloeddrukmonitors om self hierdie belangrike element van hulle gesondheid dop te hou.’n Nuwe, klein Kanadese studie beweer egter dat hierdie toestelle se lesings die meeste van die tyd verkeerd is en die pasiënte in gevaar kan stel. Dosyne tuismonitors wat deur 85 pasiënte van gemiddeld 66 jaar oud gebruik is, is deur ’n span van die Alberta Universiteit in Calgary getoets. Die navorsers het gevind dat die toestelle ongeveer 70 persent van die tyd nie binne 5 mmHg van bloeddruk akkuraat was nie. Die ondersoekers het bygevoeg dat die toestelle ongeveer 30 persent van die tyd met ten minste 10 mmHg verkeerd was. Sulke onakkuraatheid kan ernstige nagevolge vir mense se gesondheid inhou.

Deur hipertensie (hoë bloeddruk) te moniteer en te behandel, kan die nagevolge van die siekte verminder word. Ons moet seker maak dat tuisbloeddrukmonitors meer akkuraat is. Daar sal dan ’n beter kans wees om hipertensie suksesvol te behandel. Daar is verskeie maniere om die onakkuratelesings van die toestelle te verminder. Eerstens, vergelyk die bloeddrukmeting van die toestel met die bloeddrukmeting van ’n kliniek voordat jy net op die tuisbloeddruklesings staatmaak. Neem ’n paar bloeddrukmetings en baseer dan behandelingsbesluite op hierdie lesings. Pasiënte moenie bloeddrukmedikasies begin neem of verander op grond van een of twee metings wat op ’n spesifieke tydstip nie geneem is nie, behalwe as die metings baie duidelik hoog is.

Tuismonitering kan nog steeds baie nuttig wees, want dit bemagtig pasiënte en gee vir klinici ’n groter prentjie as net een oomblik. Sekere faktore – armbande wat nie pas nie,

pasiënte met spesifieke tipes bloeddruk – saam met onakkurate lesings kan pasiënte oorgerus maak oor hulle bloeddruk.

Hierdie studie is onlangs in die American Journal of Hypertension gepubliseer.

Tuisbloeddrukmonitors is 7 uit 10 keer verkeerd

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Struggling to survive today, does not feed the bigger picture.

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

18 September 2026: Beshara

18 September 2026: Beshara

Get ready for Beshara's amazing performance this Friday! 

La Cantina Stanford
See All Articles