Blog

Is jy verslaaf aan jou slimfoon?

Is jy verslaaf aan jou slimfoon?

Gansbaai Pharmacy

So wonderlik soos wat slimfone ook al mag wees, ’n mens kan verslaaf raak aan hierdie toestelle. Volgens die kundiges by die Cleveland Kliniek se Sentrum vir Gedragsgesondheid kan die oorgebruik van selfone net soos enige ander verslawing wees. Hier is twee waarskuwingstekens: jou slimfoon meng in met jou lewe, en jy kry onttrekkingsimptome wanneer jy probeer afskaal.

Vra jouself die volgende vrae om te kyk hoe gesond jou verhouding met jou foon is:

  • Meng die gebruik van jou slimfoon in met jou werk, of is dit moeilik om as gevolg daarvan op take te konsentreer?
  • Dink jy aan jou slimfoon terwyl jy dit nie gebruik nie?
  • Voel jy ongeduldig of geïrriteerd as jy dit nie vashou nie?
  • Hou jy konstant jou foon dop, en vir langer periodes as wat jy voorgeneem het? Sê gesins- en familielede dat jy dit te veel gebruik?

Indien jou slimfoongebruik in die gevaarsone is, probeer om dit te verminder. Probeer om elke dag ’n paar uur opsy te sit sonder jou
foon. Stel doelwitte en hou tred met wat jy sonder jou foon doen, soos om te lees of by jou familie te wees.

Sit aan die einde van elke dag tyd opsy vir ontspannende aktiwiteite soos meditasie of musiek luister. Sit jou foon af terwyl jy dit doen. Indien dit te stresvol is, sit ten minste die kennisgewings af.

Moenie dat jou foon met ’n nag se rustige slaap inmeng nie. Hou op om dit te gebruik ten minste ’n uur voordat jy gaan slaap - as jy kort voor slaaptyd te veel na toestelskerms kyk, kan dit inmeng met die liggaam se natuurlike proses van ontspan voordat jy gaan slaap. Maak seker om dit nie oornag in jou kamer te laai waar die kennisgewings jou sal steur wanneer jy ’n boodskap ontvang nie.

Is jy verslaaf aan jou slimfoon?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Weekend Farm Stay Near Stanford

Weekend Farm Stay Near Stanford

Escape to the countryside with a stay at Perskepit at Beloftebos Farm Cottages.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Refer and Earn R500

Refer and Earn R500

Share the speed. Score the credit.

Orca Technologies
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Local business owners, professionals and community members are invited to take part in a collaborative economic development...

See All Articles