Blog

Hoe veilig en effektief is jou sonskerm?

Hoe veilig en effektief is jou sonskerm?

Gansbaai Pharmacy

Die meeste sonskerms bied deesdae breëspektrumbeskerming, is waterbestand en het ’n SPF (sonbeskermingsfaktor) gelykstaande aan 30 of hoër, soos deur die Amerikaanse Akademie vir Dermatologie (AAD) aanbeveel word.

Hier is ’n paar voorstelle:

  • Indien moontlik, soek ’n produk wat sinkoksied bevat - dieselfde bestanddeel wat in die meeste bababeskermingsrome aangetref word. Sinkoksied blokkeer beide UVA-en UVB-strale. Sinkoksiedstafies is maklik om te gebruik vir kinders of volwassenes wat baie swem of sweet. Produkte wat titaanoksied bevat, is ook doeltreffende sonblokkeerders.
  • Moenie suinig wees nie. Die meeste mense gebruik te min van die produk.’n Bol so groot soos ’n gholfbal sal genoeg wees om die meeste mense van kop tot tone te beskerm, en dit moet ten minste elke twee uur weer aangewend word.
  • Indien jy baie swem of sweet, wend elke 40 tot 80 minute weer aan, soos op die etiket aangedui word. Produkte wat vir nat vel ontwerp is, kan aangeplak word sonder dat jy jou eers hoef af te droog. Verskillende formules het verskillende teksture. Kies een wat goeie beskerming bied en ’n tekstuur het waarvan jy hou.
  • Wees versigtig vir sogenaamde “natuurlike” produkte met kruiebestanddele. Produkte wat bemark word vir kleuters het dikwels bestanddele wat dieselfde is as ander, maar wat duurder is.
  • Die beste strategie is ook die goedkoopste - dit is soms beter om skadu te soek in die middel van die dag. Dit is moeilik om jouself in die somer volkome te beskerm.
Hoe veilig en effektief is jou sonskerm?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Weekend Farm Stay Near Stanford

Weekend Farm Stay Near Stanford

Escape to the countryside with a stay at Perskepit at Beloftebos Farm Cottages.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Refer and Earn R500

Refer and Earn R500

Share the speed. Score the credit.

Orca Technologies
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Local business owners, professionals and community members are invited to take part in a collaborative economic development...

See All Articles