Blog

Hoe om die risiko van borskanker te halveer

Hoe om die risiko van borskanker te halveer

Gansbaai Pharmacy

’n Nuwe studie beweer dat ’n mens die risiko van borskanker kan halveer en sterftekoerse drasties kan verlaag deur statiene te neem. Navorsers het gevind dat pasiënte wat die medikasie gebruik - gewoonlik om cholesterol te verlaag - se kans 40% kleiner is om te sterf. Daar is ook gevind dat die medikasie die kans om kanker te ontwikkel, amper halveer.

Navorsers sê dit is heelwaarskynlik omdat hulle statiene gebruik - ʼn tipe medikasie wat gebruik word om die hoeveelheid laedigtheidlipoproteïencholesterol (LDL-cholesterol) in die bloed te verlaag. ’n Senior skrywer van die ACALM Leereenheid by Aston Universiteit in Birmingham se Aston mediese skool sê dit is die mees onweerlegbare en direkte bewyse tot op hede om die verband tussen hoë cholesterol en borskanker te bevestig - ’n onderwerp wat navorsers al vir die afgelope paar jaar fassineer. Vroue wat met hoë cholesterol gediagnoseer is, het baie beter oorlewingsyfers, met opvallend laer borskanker- en sterftesyfers. Hierdie is ’n goeie aanduiding dat statiene die beskermende effek by borskanker gee.

Die studie het vroue ouer as 40 met en sonder hoë cholesterol opgevolg en sterftekoerse en borskankerontwikkeling vir die twee groepe vergelyk. Statienpasiënte se kans om te sterf aan borskanker was tot 43% laer.

Daar is verder toenemende bewyse dat hierdie pille verreikende gesondheidsvoordele inhou en kan help om demensie, veelvuldige sklerose en verskeie tipes kanker te beveg.

Die nuutste bevindinge is by die Europese Vereniging vir Kardiologie se konferensie in Barcelona aan vooraanstaande kankerdokters en akademici van regoor die wêreld voorgelê. Hierdie is die tweede studie wat die twee by mekaar uitbring. Kliniese proewe sal volg om vas te stel of vroue nie roetinegewys statiene moet kry nie.

Hoe om die risiko van borskanker te halveer

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Struggling to survive today, does not feed the bigger picture.

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

18 September 2026: Beshara

18 September 2026: Beshara

Get ready for Beshara's amazing performance this Friday! 

La Cantina Stanford
See All Articles