Blog

Hoe ver trek jou nies?

Hoe ver trek jou nies?

Gansbaai Pharmacy

’n Hewige nies trek baie verder as net tot by die persoon wat langs jou sit. Erger nog - ’n nies het die potensiaal om in die lug te bly hang en ’n luggedraagde siekte te veroorsaak.

Wanneer iemand hewig nies of hoes, stel hy ’n gaswolk vol vloeistof of druppeltjies vry. Vorige wetenskaplike bevindings dui daarop dat klein druppeltjies nie so ver trek soos groot druppels (wat ook tydens ’n nies vrygestel word) nie, aangesien ’n groter druppel beteken dat daar meer momentum is. Dit is egter nie wat navorsers bevind het nie.

Hulle het bevind dat klein druppeltjies tot 200 keer verder as groter druppels trek (dink sentimeter teenoor meter) - en hulle kan onbepaald in die lug bly sweef. Sou hierdie druppeltjies byvoorbeeld naby ’n lugversorger sweef, kan dit van gebou tot gebou trek.

Jy kan siek word sonder dat jy noodwendig met die gasheer in aanraking kom. Alle niese is egter nie eenders nie. Selfs wanneer jy uitasem, stel jy ’n gaswolk klein druppeltjies vry. Die probleem kom voor wanneer daardie gas patogene van ’n virus - of bakteriële infeksie bevat.

Wanneer jy siek is, onthou om jou mond en neus met ’n snesie te bedek. Geen snesie nie? Nies of hoes in die krom-
ming van jou elmboog, nie in jou hande nie. Wanneer jy in jou elmboog nies, kan jy die wolk opbreek en die aantal druppeltjies verdeel sodat hulle nie so ver trek nie.

Hoe ver trek jou nies?

Gansbaai Apteek Personeel

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Struggling to survive today, does not feed the bigger picture.

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

18 September 2026: Beshara

18 September 2026: Beshara

Get ready for Beshara's amazing performance this Friday! 

La Cantina Stanford
See All Articles