Blog

Nege wenke vir suksesvolle gewigsverlies

Nege wenke vir suksesvolle gewigsverlies

Gansbaai Pharmacy

Die begeerte om gewig te verloor, moet van die individu af kom. Moenie jouself blameer as jy nie perfek is nie. As jy een keer misluk in jou poging om jou ooretery te beperk, beteken dit nie dat jy ’n mislukking is met gewigbeheer en dat jy net moet moed opgee nie. Gewigbeheer behels nie dat jy die hele tyd perfekte keuses moet maak nie; dit gaan eintlik daaroor om te probeer om meer goeie gesondheidskeuses as slegtes te maak.

Moenie honger ly nie. Maak seker dat jy nie etes oorslaan nie en altyd gesonde, laevet-peuselhappies byderhand het. Wanneer jy jouself uithonger, is jy meer geneig om te ooreet en slegte voedselkeuses te maak. Probeer om gesonde, gereelde maaltye te eet.

Omring jouself met mense wat jou pogings ondersteun. Selfs ons goeie vriende kan wetend of onwetend ons gewigsverliespogings kelder. Spandeer tyd saam met die mense wat jou nie sal druk om slegte voedselkeuses te maak nie.

Besluit op ’n paar nievoedselbelonings vir jouself wanneer jy tussentydse doelwitte bereik. Byvoorbeeld, na die eerste week van gesond eet of na die eerste 2 kilogram wat jy verloor, koop vir jouself ’n nuwe DVD, app of boek.

As jy oortree, is dit nie ’n rede om tou op te gooi nie. As jy toegee aan die versoeking en ooreet, beteken dit nie noodwendig die einde van jou gesonde eetplan nie. Na die ooreet-episode, gaan bloot aan met die gesonde eetplan en vergewe jouself.

Maak seker jou spens en yskas is vol gesonde kos. Moet egter nie vergeet om genoeg gesonder opsies ook beskikbaar te hê nie.

Bestudeer die internet of jou kookboekversameling en identifiseer ’n paar laevetresepte wat jy wil probeer.

Stel klein doelwitte en fokus daarop, eerder as op die “groot prentjie”. Besluit waar jy wil wees oor ’n week of ’n maand, eerder as om te fokus op die totale hoeveelheid gewig wat jy wil verloor.

Moenie jou gewigsverlies met ander s’n vergelyk nie. Almal isnverskillend en het verskillende metaboliese tempo’s. Mense verskil ook ten opsigte van die hoeveelheid kalorieë wat hulle daagliks verbrand of hoeveel oefening hulle moet doen.

Soek restaurante en plekke waar jy op koers kan bly.

Nege wenke vir suksesvolle gewigsverlies

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Struggling to survive today, does not feed the bigger picture.

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

18 September 2026: Beshara

18 September 2026: Beshara

Get ready for Beshara's amazing performance this Friday! 

La Cantina Stanford
See All Articles