Blog

Beheer jou cholesterol - beskerm jouself teen ’n hartaanval en ’n beroerte

Beheer jou cholesterol - beskerm jouself teen ’n hartaanval en ’n beroerte

Gansbaai Pharmacy

Het jy al jou cholesterol laat nagaan? Hoë vlakke van ’n spesifieke tipe cholesterol word met hartsiekte en beroerte geassosieer.

Cholesterol is ’n wasagtige, vetterige stof wat jou liggaam nodig het om behoorlik te funksioneer. Dit beweeg deur jou bloedstroom om die selle wat dit benodig, te bereik. Jou selle gebruik cholesterol vir talle belangrike funksies, soos om hormone te maak en vetterige kos te verteer. Te veel cholesterol in jou bloed kan egter ’n wasagtige aanpaksel (plaak) in die bloedvate veroorsaak. Hierdie plaak kan op die ou einde ontsteek en bars, en dit kan lei tot ’n klont. Indien ’n klont die bloedtoevoer in ’n arterie na die hart afsny, kan dit ’n hartaanval veroorsaak. Of, indien dit in die arterie in die brein gebeur, kan dit ’n beroerte veroorsaak.

Laedigtheid-lipoproteïene, of LDL’s, dra tot plaak by. LDL-cholesterol word soms “slegte” cholesterol genoem. Die algemeenste oorsaak van hoë LDL-cholesterol is ’n ongesonde leefstyl. Oormatige liggaamsvet en die inname van te veel dierevette word aan hoë vlakke LDL- cholesterol gekoppel. Hoë cholesterol kan ook deur die gene wat jy by jou ouers geërf het, ander mediese toestande en sekere medisyne veroorsaak word.

Vir sommige mense is leefstylveranderinge nie genoeg om LDL-cholesterol te verlaag nie. Jou biologiese samestelling kan ook ’n groot invloed op cholesterolaanpaksel hê. In hierdie geval is ’n middel bekend as statien die normale behandeling. Onthou dat hart-gesonde leefstylveranderinge nie net die cholesterol verlaag nie, maar ook baie langtermyn- gesondheidsvoordele inhou.

Kontak Gansbaai Pharmacy vandag vir meer inligting.

Beheer jou cholesterol - beskerm jouself teen ’n hartaanval en ’n beroerte

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Struggling to survive today, does not feed the bigger picture.

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

18 September 2026: Beshara

18 September 2026: Beshara

Get ready for Beshara's amazing performance this Friday! 

La Cantina Stanford
See All Articles