Blog

Is neute goed vir die geheue?

Is neute goed vir die geheue?

Gansbaai Pharmacy

Is neute goed vir die geheue?

’n Studie van die Universiteit van Suid-Australië het getoon dat die eet van neute verband hou met beter denke en geheue onder Chinese volwassenes van 55 jaar en ouer.  Die studie, wat 4 822 deelnemers gehad het, het gevind dat deelnemers wat meer as 10 gram neute per dag geëet het (gelykstaande aan twee teelepels) se kognitiewe funksie met tot 60% kon verbeter vergeleke met dié van studiedeelnemers wat nie neute geëet het nie. Die studieleier het gesê dat data wat oor 22 jaar ingesamel is, getoon het dat 17% van die deelnemers aan die China-gesondheidsvoedingopgawe gereeld neute geëet het - meestal grondboontjies - wat spesifieke anti-inflammatoriese en antioksidantuitwerkings het wat kognitiewe agteruitgang kan verlig en verminder.

Grondboontjies is egter peulgewasse, nie regtig neute nie. Hierdie is nie die eerste studie wat bewys het dat neute ’n voor delige uitwerking het nie. In ’n studie deur UCLA het navorsers gevind dat ’n kwart koppie okkerneute daagliks gekoppel kan word aan verlaagde risiko vir depressie. Hulle het berig dat meer as 26 000 Amerikaanse volwassenes op ’n vraelys gereageer het oor wat hulle oor twee dae geëet het, asook hoe gereeld hulle depressiesimptome ervaar het, soos dat hulle sukkel om te slaap of te veel slaap, belang verloor om goed te doen, moeg voel, min energie het en probleme het om te konsentreer. Ontleding van die terugvoer het gewys dat depressietellings 26% laer was by mense wat gesê het hulle het okkerneute geëet, en 8% laer was by diegene wat ander neute geëet het (vergeleke met mense wat gesê het hulle het geen neute geëet nie).

Onlangse navorsing uit Singapoer dui verder daarop dat meer as twee porsies sampioene weekliks die risiko vir geringe kognitiewe agteruitgang met 52% kan verminder, terwyl een tot twee porsies dit met 43% kan verminder.’n Porsie is gedefinieer as ’n driekwart koppie gaar sampioene.

Hierdie resultate kom uit ’n ses jaar lange studie waarby meer as 600 Chinese bejaardes in Singapoer deelgeneem het. Navorsers het elke deelnemer se kognitiewe funksie getoets en onderhoude en ondersoeke gebruik om hulle mediese geskiedenis en dieetgewoontes vas te stel. Die sampioene wat geëet is, het vars, gaar goue oestersampioene, shitake en wit dwergsampioene, asook gedroogde en geblikte sampioene ingesluit, maar die navorsers het gesê dat ander tipes ook heelwaarskynlik ’n voordelige uitwerking sal hê.

Bron: The journal of nutrition, health & aging, Februarie 2019

Is neute goed vir die geheue?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

18 September 2026: Beshara

18 September 2026: Beshara

Get ready for Beshara's amazing performance this Friday! 

La Cantina Stanford
20 September 2026: James Saunders

20 September 2026: James Saunders

Get ready for James Saunders this Sunday! 

La Cantina Stanford
Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Spring is here, which means it’s a great time to tackle those painting projects around the house. 

Living Rich: The Power of Self-Love

Living Rich: The Power of Self-Love

Make your goal one of Living Rich.

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles