IMPORTANT LIBRARY MEMBERSHIP INFORMATION
We are aware of recent frustrations regarding the library membership renewal process. To ensure all residents can enjoy our services without interruption, please take note of the following guidelines:
Membership Status and Renewals
• Cost: Library membership is free for all residents within the municipal area.
• Validity: Your card is valid for three years.
• The Grace Period: After three years, membership is suspended for one year. You must renew your card during this time.
• Remove: If you do not renew during the grace period, your membership will be removed from the system, and you will need to re-apply.
How to Join or Update Your Membership
Application forms are available on the municipal website.
To register, please provide the following:
• Adults: An ID document and proof of residence.
• Children: A birth certificate, a parent’s ID, and proof of residence.
• Tenants: A valid rental contract or an affidavit from the homeowner.
Note: Affidavits must include the homeowner’s address as it appears on their latest municipal account (not older than three months).
Issued by:
Overstrand Municipal Manager, Dr Dean O'Neill
BELANGRIKE INLIGTING OOR BIBLIOTEEKLIDMAATSKAP
Ons is bewus van onlangse frustrasie oor die hernuwingsproses van biblioteeklidmaatskap. Om seker te maak dat al ons inwoners ons dienste sonder onderbrekings kan geniet, neem asseblief kennis van die volgende riglyne:
Lidmaatskapstatus en hernuwings
• Koste: Biblioteeklidmaatskap is gratis vir alle inwoners van die munisipale gebied.
• Geldigheid: Jou kaart is vir drie jaar geldig.
• Die grasietydperk: Ná drie jaar word lidmaatskap vir een jaar opgeskort. Jy moet jou kaart gedurende hierdie tydperk hernu.
NB: Verwyder: As jy nie in die grasietydperk hernu nie, sal jou lidmaatskap van die stelsel verwyder word, en jy sal weer moet aansoek doen.
Hoe om aan te sluit of jou lidmaatskap by te werk
Aansoekvorms is beskikbaar op die munisipale webwerf.
Om te registreer, verskaf asseblief die volgende:
• Volwassenes: ’n ID-dokument en bewys van verblyf.
• Kinders: ’n Geboortesertifikaat, ’n ouer se ID en bewys van verblyf.
• Huurders: ’n Geldige huurkontrak of ’n beëdigde verklaring van die huiseieaar.
Let wel: Beëdigde verklarings moet die huiseienaar se adres insluit soos dit op hulle jongste munisipale rekening verskyn (nie ouer as drie maande nie).
Uitgereik deur:
Munisipale Bestuurder van Overstrand, Dr Dean O'Neill



