Mnr en Mej Hoërskool Hermanus 2023

Mnr en Mej Hoërskool Hermanus 2023

Gans-Berg Nuus / News

Image

Mnr en Mej Hoërskool Hermanus 2023

-Trotse Hermie Ambassadeurs-

Die 2023 Mnr & Mej Hoërskool Hermanus (Hermie) se Kroningsfunksie op 27 Julie 2023 het tydens ‘n prestige-funksie plaasgevind. “Dit was een van die mooiste aande by ons skool,” het Nanette Ras, Bemarkingsbestuurder van die skool gesê. “Ons kinders het pragtig gelyk en hulle is ons trotse Hermie Ambassadeurs!” Nico Grobler het as Seremoniemeester opgetree en die gehoor is deur die baie talentvolle sangeres, Janke, vermaak.

Vier van dié beste beoordelaars moes die onbenydenswaardige en finale besluite neem: Cimone Petersen, Jay Thomas, Lara Hamman en die skool se Alumni-Hermie, Leolin Zas.

En die wenners is...

Lucion Louw - 2023 Mnr Hoërskool Hermanus en Mnr Persoonlikheid; Ilitha Tshutshumeza - 2023 Mej Hoërskool Hermanus en Mej Fotogenies, asook Sjampanjenooi vir Interskole; Christian van Zyl - 1ste Prins en Mnr Fotogenies; Mieke Wium - 1ste Prinses; Tamia Bouwer - 2de Prinses en Mej Persoonlikheid; Christiaan Swart - 2de Prins.

Selfs om as ‘n finalis tydens só ‘n prestige-geleentheid gekies te word, is op sy eie ‘n groot prestasie. Daarom meld die Gans-Berg Nuus graag al die finaliste se name (alfabeties):

Dogters - Anelet Botha, Bronwyn Gillion, Gene Cornelius (Gansbaaier), Hilga Nutt, Ilitha Tshutshumeza, Isabella Mulder, Marli Snyman, Mieke Wium, Suzaan van Oordt en Tamia Bouwer. 

Seuns - Christiaan Swart, Christian van Zyl, Daniel Hanekom (Gansbaaier), Gustav Ladewig, Henrique Lourens (Gansbaaier), Liam Swart, Lucion Louw, Reon Sparkham, Ruan Higgs en Ryan Ingles.

“Dankie aan die wonderlike span wat, onder leiding van Juffrou Anja Marais as organiseerder hierdie prestige geleentheid suksesvol laat realiseer het,” het Nanette gesê. “Hulle is Lize Engelbrecht, Zaanru Fraser, Nadine Swart, Tracey Crause, Brandon Gouws en Nico Grobler as sermoniemeester, ons kon nie vir ‘n beter span gevra het nie!” Nanette het ook haar opregte waardering teenoor alle borge uitgespreek.

Die Gans-Berg Nuus wens graag die wenners van harte geluk, asook die organiseerders vir ‘n suksesvolle Hermie-Kroningsaand.

(Foto’s: Karli Geldenhuys van Gansbaai)

 
Hardus Botha
Image 1
Image 2
Image 3
Mnr en Mej Hoërskool Hermanus 2023

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Warm Up Your Home with the Perfect Winter Colours

Warm Up Your Home with the Perfect Winter Colours

As winter settles in, there's no better time to refresh your home with a beautiful new colour palette.

Stop Letting Other People's Opinions Define You

Stop Letting Other People's Opinions Define You

Become a discerning shopper. Don't buy into every opinion offered.

PROactive Fitness Hermanus Bicycle Parking Now Open

PROactive Fitness Hermanus Bicycle Parking Now Open

Cycling to the gym just became even easier! 

Appointment of Overstrand Acting Municipal Manager

Appointment of Overstrand Acting Municipal Manager

Mr Edward Jantjies has been appointed by the Overstrand Municipal Council as Acting Municipal Manager...

Guests Enjoying the Beautiful Weather with Pearly Beach Horse Trails

Guests Enjoying the Beautiful Weather with Pearly Beach Horse Trails

Pearly's Seahorses and guests enjoying the lovely weather we've been having.

Why You're Missing Life by Waiting for Tomorrow

Why You're Missing Life by Waiting for Tomorrow

Enjoy today, stop holding out for tomorrow.

See All Articles