Blog

Fotografie Is My Passie in Die Lewe - Stefan Botha (15)

Fotografie Is My Passie in Die Lewe - Stefan Botha (15)

Gans-Berg Nuus / News

"Fotografie Is My Passie in Die Lewe" - Stefan Botha (15)

“I hope this email finds you well. My name is Stefan Botha, and I am a 15-year-old learner at Hermanus High School. On Saturday 17th of February 2024 I went and photographed Buffel, the elephant seal busy moulting in Onrus. As a young aspiring photographer with a passion for wildlife, I am thrilled to share this moment with others who appreciate the beauty and wonder of the natural world,” lui ‘n gedeelte van ‘n goed-bewoorde epos wat Stefan Botha van Kleinbaai aan Gans-Berg Nuus gestuur het - beskeie en sonder om homself as belangrik voor te doen, terwyl die foto’s van Buffel, die olifantrob in Onrus wat hy gestuur het, so professioneel soos enige gesoute fotograaf se foto’s is.

Image 1
Image 2

Gans-Berg Nuus se ontmoeting met Stefan in die Great White House was ‘n ‘eye-opener’ om met ‘n 15-jarige seun oor sy passie vir fotografie te gesels en sy kennis op hierdie gebied te ontdek. Stefan is deur sy pa, Johan Botha, ‘n professionele fotograaf, vergesel. Vir die duur van die onderhoud het Johan homself verskoon sodat Stefan op sy eie die praatwerk kon doen. Stefan (15) is ‘n Gr 10-leerder aan Hermanus Hoërskool en is passievol oor fotografie en natuurlike diere- en marienelewe - sy kamera wat hy tans gebruik is ‘n Canon 5D MARK 3. “Ek neem wel soms foto’s van mense, asook sportfoto’s vir die skool, maar my werklike passie lê by wild-fotografie,” vertel Stefan. “Ek het selfs al slange en krokodille by Durban gaan afneem.” Stefan se toekomsvisie is om homself op die gebied van natuurbewaring (‘n ‘conservationist’), gepaardgaande met fotografie, te kwalifiseer.

Met sy besoek aan Onrus, het Stefan lank met die bioloog gesels om eerstehandse inligting van die olifantrob (Gans-Berg Nuus, 18 Februarie 2024 se voorblad) te bekom. Die olifantrob het 9 jaar gelede ook by Onrus opgedaag om te vervel. “Die bioloog het my meegedeel dat hulle Buffel gemeet het en daarvolgens sy gewig bereken het, sowat 1 400kg,” vertel Stefan. “Sy het ook gesê hy verloor sowat ‘n derde van sy gewig nadat hy vervel het.”

Stefan aanvaar hy het sy passie van sy pa gekry en neem al van vroeg af foto’s. Is dit ‘n geval van ‘Aardjie na sy vaartjie’? Sedert 2022 het hy foto’s meer op ‘n professionele vlak begin foto’s. Wat van hoogaangeskrewe foto-kompetisies? “Ek neem wel aan foto-kompetisies deel,” sê hy. “Tans is ek in afwagting vir die uitslae van kompetisies in Rusland, Amerika en Duitsland waarvoor ek ingeskryf het.” ‘n Kostelike opmerking van Stefan was dat daar mense is wat foto’s neem en dan is daar fotograwe! Die Gans-Berg Nuus wens Stefan alle sterkte toe met sy fotografie en dat hy groot hoogtes op hierdie gebied sal bereik.

Image 1
Stefan Botha

(Foto’s verskaf)

 
Hardus Botha
Fotografie Is My Passie in Die Lewe - Stefan Botha (15)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Meet Our Optometrist - Tinecke Brewis

Meet Our Optometrist - Tinecke Brewis

Say hello to Tinecke Brewis, the friendly face of Bierman Malan Optometrists at Whale Coast Mall! 

Authenticity Over Approval

Authenticity Over Approval

The chameleon fascinates us.

From Burnout to Aligned Leadership for Entrepreneurs

From Burnout to Aligned Leadership for Entrepreneurs

If you are an entrepreneur who is successful on paper but exhausted in reality, this message is for you.

NEUCRETE - Strong, Stylish and Practical

NEUCRETE - Strong, Stylish and Practical

Wilkoo Marketing Paint Distributors stock NEUCRETE.

See All Articles