Blog

Zeeman Bruilof

Zeeman Bruilof

Sonja Walker

Welkom by die Bruilof fees van die Zeeman’s

By vêre een van die mooiste troues wat ek al ooit bygewoon het. Elke dingietjie en gebeurtenis was so uniek en Afrikaans. 
23 September 2017 – Die dag wat die wêreld veronderstel was om te vergaan het hierdie tweetjies besluit om te trou. (die Ds. het dit genoem in die diens- ek het nie eens geweet nie)
Maar nie te min, hier sit ons nog almal.  Gelukkig tog! 
Net so n klip gooi voor Caledon op n stil stofpad sit die mooiste venue De Oudekraal . Ek het die plek vreeslik bewonder, veral toe ons gaan fotos neem het met Elaine en Kobus. Die koring wat soos branders lyk met die windjie wat dit rond waai en die lammertjies wat so mê agter hul mammies aan soos die son begin sak. 
Toe Elaine by die kerk in gestap kom was nie net Kobus in trane nie maar ook sy ma, dit was vir my so spesiaal en moes ek my eie ogies droog maak. 
Die hoogte-punt van hierdie trou vir my was absoluut die Afrikaanse tafel dekor. 
Die tafel name was Afrikaanse volks-liedjies. Die gaste se geskenkies was Takbokkies en Samboksalf. So ongelooflik oulik. Daar was spesiaal n muur uitgesit sodat gaste aan Elaine en Kobus kon boere-raad neer skryf waarna hulle vir ewig kan kyk. 
Die hout bordjies op die troue was voorsien deur www.annononsens.co.za
Die pragtige blomme deur niemand anders as Alsmooi.  Elaine se hare en pragtige grimering is deur die ongelooflike talentvolle Marie Verwey gedoen.  Ds. Roelofse van Hermanus het hulle huwelik bevestig. 
Elaine het n stylvolle en gemaklike rok gedra van Bridal-Lane.
Die dag het mooi afgeloop en die gaste het hulself ongelooflik geniet. Ek en my man Anthony geniet dit vreeslik om saam te werk en ons loer altyd vir mekaar gedurende die diens as ons ietsie nuuts hoor wat ons in ons eie lewe kan aanpak. (op hierdie troue het ons heeltyd na mekaar geloer) Als was vir my so mooi. 
Die musiek keuse op hierdie troue was ONGELOOFLIK! Die gaste was ALMAL op die dansvloer. 
Dans Frikkie Dans was die vermaak. Hulle het vanjaar die “Battle of the Bands” gewen. 
Die koek gebak deur Cakes made by Jude van Gansbaai was bedien as na gereg en mense dit was uit die boeke uit. 
Geniet julle voorsmakie van julle fotos en wees trots op julle ongelooflike mooi dag!  
xoxo 
Sonja

Zeeman Bruilof

Sonja Walker

Proffesional Photographers (Husband and Wife team) specialising in: Weddings Births - home or hospitals (International registered) and all lifestyle shoots. Video and still services.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

The Importance of Eye Care for the Elderly

The Importance of Eye Care for the Elderly

As we age, our eyesight naturally changes, making regular eye examinations more important than ever. 

Living with Constant Criticism

Living with Constant Criticism

One of the most devastating effects of living with a narcissist is not simply enduring constant criticism...

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

See All Articles