HET JY GEWEET... jy onderbewussyn kan glad nie...

HET JY GEWEET... jy onderbewussyn kan glad nie...

The BandAid Strip Counselling & Coaching Services

FUN FACT: Het jy geweet...

Jou onderbewussyn (HQ - Higher Intelligence) is die mees "powerful memory bank imaginable" omdat alles wat jy ooit gesien, gedink, gelees, geleer, gehoor of ervaar het, daar gestoor is.

Terloops, dit is 'n skeppingswonder en "powerkey" wat 'n nuwe wêreld vir jou kan oopsluit MITS jy daarvan weet en bereid is om dit te ontgin en te gebruik.

In elk geval, jou onderbewussyn kan egter glad nie onderskei tussen realiteit en fiksie nie. Dit werk absoluut net op data - op al die inligting wat jy daarin gestoor het, presies net soos 'n rekenaar.

Hou in gedagte dat die lewe 'n manier het om eers bo-oor jou te rol en jou daarna te rol totdat dit jou uitspoeg op 'n plek waar jy nie wil wees nie. Dit gebeur met almal van ons en niemand verdien dit of sien dit kom nie. Dit is altyd 'n... nasty sipraais!

Daar lê jy dan kop eerste in die puinhoop van jou lewe en net jou rooi toonnaels steek uit. Hoe lank gaan jy daar lê? Vir solank as wat jou onderbewussyn vir jou vertel jy het geen ander keuse nie. Arme jy!

Hoekom sal dit dan so liederlik vir jou jok? Want jy het jou onderbewussyn met daardie persepsie geprogrammeer... oor en oor en oor in die verlede. Tewens, jy het dit gedoen elke keer dat die lewe jou gerol het en jy daar bly lê het totdat die krappe jou kom uitgrawe het.

Wanneer gaan hierdie negatiewe siklus ophou? Sodra jy geleer het om jou onderbewussyn te herprogrammeer met die waarheid nl. ek dink ek kan... ek dink ek kan... ek glo ek kan... ek glo ek kan... ek weet ek gaan... ek weet ek gaan... en ek het!

So, hoe verander jy die impak van die lewe se frustrasie, pyn, terugslae, probleme, whatever op jou vrede en geluk? Jy verander jou persepsie van die waarheid. Dis al.

Hoe doen jy dit? Jy kry 'n maklike plan van aksie om jou te wys hoe.

Waar kry jy dit? Jy vra my vir meer inligting en dan stuur ek dit vir jou.

Mooibly-groetnis

Heté

  • Specialist: Life skills (teacher/counsellor/coach)
HET JY GEWEET... jy onderbewussyn kan glad nie...

Heté Jordaan

The BandAid Strip is a place of hope, healing and new beginnings - a self-help platform to a complete LIFE MAKEOVER that includes emotional healing, relationship rescue, self-esteem, self-confidence, trauma, depression, divorce damage, etc.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

The Importance of Eye Care for the Elderly

The Importance of Eye Care for the Elderly

As we age, our eyesight naturally changes, making regular eye examinations more important than ever. 

Living with Constant Criticism

Living with Constant Criticism

One of the most devastating effects of living with a narcissist is not simply enduring constant criticism...

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

See All Articles