Die Kleur van Hoop
Saterdag, 24 April 2021
10h30 vir 11h00
NG Kerk Hermanus
HOOP is n noodsaaklikheid. Wanneer jy voel jy nie meer kan aangaan nie en alles donker lyk, is dit hoop wat in jou oor fluister: "Jy kan!"
LISA SMORENBURG - Skenk haar pragtige seun, Storm, se organe. "Hy sou mense ook so wou help."
LOUNA STOFBERG - Orreluitvoering
DANA SNYMAN bekende en geliefde skrywer en joernalis praat oor sy pad met depressie (die swart hond) en verlies.
Kaartjies is R100. Beskikbaar by die kerkkantoor.