Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Image

Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

-Groei van krag tot krag-

Gansbaai se weeklikse gemeenskapskoerant is weer eens op die punt om sy vlerke nog wyer te sprei - hierdie keer met die aankoop van ons eie drukkers-toerusting - nie net om elke uitgawe weekliks self te druk nie, maar ook om die koerant in kleiner formaat aan die gemeenskap beskikbaar te stel.

Die langverwagte drukkers-toerusting word Saterdag, 10 September 2022 afgelewer en geïnstalleer - so midde in Lentemaand! Met die nuwe toerusting tot ons beskikking, sal dit terselfdertyd moontlik wees om met volgende week se uitgawe vanaf ‘n A3 na ‘n A4 oor te skakel - ‘n verandering waarvoor baie lesers lankal reeds gevra het en baie dankbaar voor sal wees - maar Rome is nie in een dag gebou nie!

Aanvanklik was die Gans-Berg Nuus ‘n 16-blad koerant (32-blad as ‘n A4) wat die afgelope tyd na ‘n 12-blad (24-blad as ‘n A4) afgeskaal is. Dit was as gevolg van buitensporige drukkoste-verhogings, wat dan ook ons grootste motivering was om ons eie drukmasjiene aan te koop. Voortaan sal lesers weer ‘n ‘ou’ 16-blad, maar nou ‘n 32-blad en in A4-formaat, kan koop - ‘n lekker handige en ‘dik’ plaaslike koerant, gevul met gemeenskapsnuus!

Sedert 3 Julie 2020 toe Gans-Berg Nuus die eerste lig ‘aanskou’ het, was daar gereeld nuwe hoogtepunte wat op die uitstaande groei van ons koerant gedui het. Eerstens het die eerste uitgawe tydens die hoogste vlak van die pandemie op die winkelrakke in die Overberg- en Overstrandstreke verskyn. Dit het destyds ‘onverskrokke’ waagmoed van Michelle van Zyl, eienaar, geverg om hierdie besluit te neem - ‘n raps meer as 2 jaar later, met harde werk, baie sweet en deursettingsvermoeë deur haar en haar personeel, kan daar met trots teruggekyk word op Gans-Berg Nuus se groei.

Daarna volg ‘n tweede hoogtepunt - die vinnige groei van die koerant het groter kantoorruimte vereis, wat die verskuiwing op 30 Junie 2021 na die Protea Sentrum in Hoofstraat, Gansbaai genoodsaak het - dit het ook groter sigbaarheid meegebring. ‘n Volgende hoogtepunt was ons gewilde en tweetalige resepteboek, Recipe & History Book, ‘n volwaardige ‘koffietafelboek’ wat gedruk en uitgegee is. Gans-Berg Nuus se inskakeling by Xplorio Gansbaai, met die Gans-Berg Nuus se eie Xplorio-profiel, was ‘n volgende hoogtepunt. Nou sien ons uit daarna om ons koerant self te druk en in ‘n kleiner en geriefliker hanterings-formaat te versprei.

“Ons as ‘n span bedank graag die gemeenskap, sakelui en alle instansies vir voortgesette en getroue ondersteuning,” sê Michelle. “Ons sien uit na Gans-Berg Nuus se pad vorentoe met almal se ondersteuning en lojaliteit teenoor ‘n eie weeklikse gemeenskapskoerant.” 

Gans-Berg Nuus se verspreidingsarea sluit Groter Gansbaai, Stanford, Hermanus, Pearly Beach, Baarskeerdersbos, Napier en Bredasdorp in. Die volledige span, ingesluit kontakbesonderhede, word weekliks in elke uitgawe gepubliseer. Kontak ons gerus vir nuus, prestasies en natuurlik broodnodige advertensies wat noodsaaklik is vir almal van ons se sake- en besigheidsgroei, asook om nóg beter dienslewering aan die gemeenskap te bied.

 
Hardus Botha
Geen keer meer aan Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Women’s Self-Love: See Yourself First

Women’s Self-Love: See Yourself First

To see yourself, you must recognise yourself first.

Self-Love: Let Go of Perfection

Self-Love: Let Go of Perfection

Somewhere along the way, many women were taught that being enough meant being everything to everyone.

OGG Online Presentation: Predicting Large Type-II Diamonds

OGG Online Presentation: Predicting Large Type-II Diamonds

The Overberg Geoscientists Group (OGG) invites you to an online presentation by Dr Andy Moore...

OGG Newsletter #9 - August 2026

OGG Newsletter #9 - August 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) newsletter features upcoming presentations, geological events and activities...

Choosing the Right Paint Colour? Test It Properly!

Choosing the Right Paint Colour? Test It Properly!

Found a colour you love but not sure how it will look on your walls? 

See All Articles