Blog

Verander jou suikersmaak

Verander jou suikersmaak

Gansbaai Pharmacy

Studies het gewys dat dit nie help om soetgoed met suikervrye opsies te vervang nie. Kunsmatige versoeters bevredig nie suikerdrange nie. Die antwoord is om jou smaakknoppies te leer om van minder suiker te hou. Volgens die navorsing wat in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, kan jy dit binne ’n kort tydperk doen - net soos wat dit moontlik is om jou lus vir sout te verminder.

  • Verminder die hoeveelheid soetgoed/ lekkers wat jy daagliks eet, maar doen dit geleidelik. Sommige kundiges sê om dit ewe skielik heeltemal uit te sny, kan dalk tot latere vergryping lei.
  • Verwyder die versoeking deur die koekies en lekkers in jou kombuiskaste te verminder.
  • Voeg vrugte by jou dieet - jy sal voedingstowwe saam met die soetheid kry, iets wat verwerkte suiker nie vir jou kan gee nie.
  • Begin jou dag met ’n voedingryke ontbyt wat proteïene insluit.
  • Koop kos wat nie versoet is nie, soos ongegeurde jogurt, gewone hawermout, en 100%-volgraangraanvlokkies, en dan versoet jy dit self. Jy het net 'n klein mespuntjie vol nodig.
  • Moenie die suikersiklus met ’n oliebol of pasteitjies begin nie.
  • Laastens, oefen. Navorsing het getoon dat, behalwe vir al die gesondheidsvoordele, oefening ’n kettingreaksie begin wat jou begeerte vir ongesonde, hoëkaloriekos verlaag.

Jy kan die suikersiklus verbreek deur beter keuses te maak. Jy sal bevredig word deur laesuikerkos en sal lekkergoed af en toe as ’n bederfie waardeer.

Verander jou suikersmaak

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

Weekend Farm Stay Near Stanford

Weekend Farm Stay Near Stanford

Escape to the countryside with a stay at Perskepit at Beloftebos Farm Cottages.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Refer and Earn R500

Refer and Earn R500

Share the speed. Score the credit.

Orca Technologies
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Overstrand Hosts 120-Day Local Growth Initiative in Hermanus

Local business owners, professionals and community members are invited to take part in a collaborative economic development...

See All Articles