Elke jaar besoek Oom Klaas die skool met 'n sak, soos Kersfees Vader, vol nuwe tandeborsels en tandepasta, een van elk vir elke kind.
Tandesorg, met die hulp van Oom Klaas se kennnis en ondervinding is 'n belangrike deel van elke dag soos hande was voor maaltye.
Die dag dat Oom Klaas die nuwe kleurvolle borsels bring is die kinders gretig om hulle na middagete te gebruik. Daarna, baie trots, plaas hulle die nuwe borsels in hul glase - vir die volgende keer.
Dit sou moeilik wees vir die skool om 'n program van tandsorg sonder Dr Visser te implementeer en ons hoop hy weet hoe baie die hoof en haar personeel hom waardeer.