Die winkel verkoop alles wat mense skenk, dit wil se, alles wat mens gewoonlik in 'n huis vind - behalwe die honde en katte. Dit hang af van wat mense ingebring het wat op enige spesifieke dag te koop is. Daar is altyd 'n koper, dit maak nie saak of dit 'n serp of 'n blompot of 'n halssnoer is nie, daar is altyd iemand wat dit graag wil hê.
Kan ek 'seblief twee gunsies vra:
Eerstens
Sal u s'blief deur u kaste en laaie gaan soek om te kyk of daar nie items is wat u nie meer gebruik nie en wat u by die winkel kan aflaai as u weer pos gaan haal?
Tweedens
As u vriende ken wie se ouers na 'n ouetehuis verhuis, sal u so groothartig wees om namens ons te vra of hulle van die klein artikels wat hulle nie saam vat nie vir die winkel sal gee?
As u nie kan help nie dink aan ons kindertjies asb in jou gebede and wens hulle alles van die beste. Dit help ook - sommer baie.
Aan julle, alles van die beste
Rosemary