Blog

50ste Roman vir Chanette Paul

50ste Roman vir Chanette Paul

Gans-Berg Nuus / News

50ste Roman vir Chanette Paul

“Chanette Paul beskik oor die vermoë om haar lesers in te trek en vasgenael te hou, tot by die laaste bladsy,” het Elsa Winckler tydens Chanette Paul se bekendstelling van haar 45ste boek destyds by Gansbaai Book Exchange gesê. Met verwysing na Huisgenoot (11 April 2024) se kommentaar, geld Elsa se stelling steeds ná die bekendstelling van Chanette se 50ste roman, Anoniem. Elsa van Bettysbaai is self ‘n befaamde skrywer, waarvan onlangs ‘n berig in die Gans-Berg Nuus (29 Maart 2024) geplaas is. Chanette was al verskeie kere ‘n ‘gas’ in Gans-Berg Nuus se uitgawes. ‘n Goue draad wat deur die boek loop, is die verhaal van ‘dr Lula Prins’ en ‘Kriek Kruger’. Lula vlug van haar verlede en begin ‘n nuwe lewe op ‘n klein gehuggie. Dit is waar Kriek se pad met hare kruis en hy stel ondersoek in of sy laatlam-broer werklik na sy dood gespring het en of iemand hom gestamp het - nog een van Chanette se romanse wat die leser op sy/haar tone hou tot aan die einde. “Ek voel ʼn bietjie oorweldig oor die ophef wat van my 50ste boek gemaak word, maar dis ʼn wonderlike gevoel om erkenning vir 28 jaar se harde werk te kry,” het Chanette aan Gans-Berg Nuus gesê. Chanette en haar geliefde lewensmaat, Blom, voorheen eienaar van Stanford Rivierboot, het Stanford na baie jare vir Grootbrak verruil. “ʼn Stuk van my hart het by my rustige oewerhuis in Stanford agtergebly, maar ek en Blom bly baie lekker waar ons nou is,” vertel sy. Chanette se 1ste boek, Maalstroom, is in 1996 bekendgestel, waarvoor sy in dieselfde jaar met ‘n Perskor- prys vir romantiese fiksie vereer is. “Daarna was daar geen keer meer aan my skryfwerk nie!” Chanette is nie meer by manuskripontwikkeling of slypskole betrokke is nie. “Dit was vir my wonderlik om betrokke te wees by die opbloei van Afrikaanse ontspanningsfiksie, maar dis geweldig tydrowend en ek skryf nou eerder min of meer voltyds,” sê sy. Chanette kan spog met baie toekennings sedert haar eerste roman - Gans-Berg Nuus wens haar alle sterkte toe in haar nuwe omgewing.

Hardus Botha

50ste Roman vir Chanette Paul

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

LEAVING THE NARCISSIST: YOUR STORY DOES NOT END HERE

LEAVING THE NARCISSIST: YOUR STORY DOES NOT END HERE

Have you spent years putting someone else first, questioning your own reality, and slowly losing sight of the person you used to be?

LEAVING THE NARCISSIST

LEAVING THE NARCISSIST

Narcissistic abuse relies on you losing your self-worth.

NIGHT VISION AND RECORDING

NIGHT VISION AND RECORDING

No one likes being left in the dark.

Digit Overstrand
Exciting Changes Underway!

Exciting Changes Underway!

Our renovations are moving along well at PROactive Fitness Hermanus!

Volunteers Explore Our Wonderful Area

Volunteers Explore Our Wonderful Area

Besides the riding, our volunteers also get to explore the wonderful area we live in.

Latest Studio Class Timetable

Latest Studio Class Timetable

Looking for a fitness class that suits your goals and fitness level?

See All Articles