Beplande Khoisan Bay-ontwikkeling

Beplande Khoisan Bay-ontwikkeling

Gans-Berg Nuus / News

Beplande Khoisan Bay-ontwikkeling

Dit gons op die onderskeie Gemeenskapsgroepe oor die beplande Khoisan Bay-ontwikkeling aangrensend aan die noordekant van van De Kelders. Die naam van die voorgestelde ontwikkeling, Khoisan Bay, het aanvanklik tot misverstande aanleiding gegee. Die afleiding is gemaak dat dit vir lae koste behuising bedoel is. Dit is hoegenaamd nie die geval nie: Daar sal meer as 400 erwe vir hoëklas huisvesting, 'n besigheidsentrum, 'n bejaardesorgsentrum en selfs die moontlikheid van 'n skool en baie meer.

image left

Twee Inligtingsessies was vir Saterdag en Maandag, 26 en 28 April 2025 gereël en is goed deur die inwoners bygewoon.  Hierdie was die 1ste fase van 3 wat beplan word. 'n Komitee is saamgestel om die projek te ondersoek, met Elma Rivera, voorsitter van die De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalersvereniging aan die stuur van sake.

Johan Neser, 'n natuurliefhebber, 'n inwoner van De Kelders en lid van 'n subkomitee wat saamgestel is om die impak op die omgewing te ondersoek, het aan die gemeenskap tydens die inligtingsessies verduidelik waaroor dit gaan. “Ek is nie hier om die beplande ontwikkeling goed of sleg te praat nie,” het Johan gesê. “My doel is om die impakstudies te bespreek en bepaalde gevolge te bespreek en julle dan deur die gebied te laat stap om sekere aspekte uit te wys - daarna berus dit by elke imwoner om self te besluit.”

Johan het die 10 omgewings-impakstudies wat gedoen is volledig bespreek, wat onder andere die volgende insluit: Argeologies, Botanies, Geologies, Erfenis, Sosio-ekonomies, Verkeer, Water en dies meer. “Die beplanning van hierdie ontwikkeling kom al van 2005 af,” het hy gesê. “Van die impakstudies is egter so oud soos 2006 en 2007 en dit is kommerwekkend, aangesien baie dinge intussen verander het.”

Johan het baie vrae beantwoord en het homself goed van sy taak gekwyt. 'n Naamsverandering vir die ontwikkeling is onder andere voorgestel, asook die moontlikheid om die ontwikkeling aan die oorkant van die R43 te verskuif, aangesien die hele strook van De Kelders af tot anderkant die R43 aan dieselfde eienaar behoort. Dit is duidelik dat daar nog 'baie water in die see gaan loop' voordat daar daadwerklik tot enige aksies oorgegaan sal word. Sodra daar meer feite beskikbaar is, sal die Gans-Berg Nuus meer volledig berig.

'n Dringende beroep is gedoen dat belanghebbendes by die projek sal registreer - of jy nou daarvoor of daarteen is. Om te registreer kan 'n epos aan michelle@lornay.co.za van Lornay Environmental Consulting gestuur word, met riveraelma@gmail.com wat in ge-cc moet word. Besoek gerus die webtuiste: www.lornay.co.za. Publieke deelname is van uiterste belang en inwoners kan kortliks meld wat hulle van die ontwikkeling dink en ook vra vir inligting.

Hardus Botha

Beplande Khoisan Bay-ontwikkeling

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Women’s Self-Love: See Yourself First

Women’s Self-Love: See Yourself First

To see yourself, you must recognise yourself first.

Self-Love: Let Go of Perfection

Self-Love: Let Go of Perfection

Somewhere along the way, many women were taught that being enough meant being everything to everyone.

OGG Online Presentation: Predicting Large Type-II Diamonds

OGG Online Presentation: Predicting Large Type-II Diamonds

The Overberg Geoscientists Group (OGG) invites you to an online presentation by Dr Andy Moore...

OGG Newsletter #9 - August 2026

OGG Newsletter #9 - August 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) newsletter features upcoming presentations, geological events and activities...

Choosing the Right Paint Colour? Test It Properly!

Choosing the Right Paint Colour? Test It Properly!

Found a colour you love but not sure how it will look on your walls? 

See All Articles