Drupgrotte Te Koop

Drupgrotte Te Koop

Gansbaai Courant

Erf 1069, De Kelders, wat binnekort opgeveil gaan word, dek die hele strook vanaf Whale Cove teen die helling af tot op die hoogwaterlyn. Die area sluit verskeie grotte en historiese trappies na die drupgrotte in.

Erf 1069, De Kelders, wat binnekort opgeveil gaan word, dek die hele strook vanaf Whale Cove teen die helling af tot op die hoogwaterlyn. Die area sluit verskeie grotte en historiese trappies na die drupgrotte in.

Die historiese De Kelders grotte is in die mark. Erf 1069 is by die Walvisuitkykpunt voor die Whale Cove woonstelblok en is 1929m² groot. Dit strek vanaf Cliffstraat tot op die hoogwaterlyn en sluit die drupgrotte, asook die geskiedkundige kliptrappies na die grot en die gewilde swemsloep in.

Dit word bemark as ‘n  geleentheid om ‘n  lewende stukkie Kaapse erfenis, wat geskik is vir die ontwikkeling van ‘n  ekotoerisme-onderneming, te bekom. Dit is gesoneer as enkel residensieel en streng beperkinge en serwitute geld. Enige ontwikkeling sal weens die ekologiese sensitiwiteit van die perseel onderworpe wees aan ‘n  impakstudie en finale goedkeuring deur die munisipaliteit.

Die huidige eienaar, Ruurd van der Werf wat voorheen ook die ou De Kelders Hotel besit het, het die grot sowat 10 jaar gelede vir die publiek gesluit en slegs begeleide toegang toegelaat. Dit het voorkom dat die stalaktiete en stalagmiete verder beskadig word, het Hein Gersner, Bestuurder, Kango Grotte op 5 Augustus 2005 in sy verslag aan die Overstrand Munisipaliteit geskryf.

"De Kelders grot is nie net van kultuur-historiese belang nie, dit is ook ‘n  teksboekvoorbeeld van ‘n  brander-erosie inkerwingsgrot binne die (geologiese) Bredasdorp Groep. Die voorkomste van kalksteen en kalkagtige sand in die bo-grond het verskeie grotformasies, stalaktiete, stalagmiete en randsteenpoele van kalsiet tot gevolg gehad. Alhoewel daar beperkte menslike skade binne sigbaar is, toon die grot nietemin positiewe tekens van aktiewe groei op verskeie plekke." Die skepping van ‘n  opvoedkundige ekologiese sentrum kan van groot waarde wees en sal die toeriste aantreklikheid van die Klipgatstaproete en Walvisbesigtiging komplimenteer. ‘n  Restaurant kan moontlik ook met die nodige goedkeuring teen die helling gebou word.

Dié afdruk was die voorblad van ‘n   advertensie-brosjure wat in die dertigerjare gedruk is.

Die De Kelders Grotte het ‘n  ryke geskiedenis. Dit is op 22 Desember 1776 deur Pieter Cloeten ontdek. Dit was 4 jaar voor die ontdekking van die Kango Grotte en moontlik die eerste grot wat deur ‘n  blanke in Suid-Afrika ontdek is. Dit is ook die eerste Suid-Afrikaanse grot wat deur uitgrawing vir die eerste keer betree is. Dit is ook hier waar die eerste aangetekende grot-vandalisme in ons land in 1790 aangeteken is. ‘n  Baie groot stalaktiet is in opdrag van Hendrik Cloete verwyder en na sy plaas in Groot Constantia geneem. Dit het tot ten minste November 1836 daar gebly, maar het daarna spoorloos verdwyn. ‘n  De Kelders stalaktiet was ook die onderwerp van die eerste grot-illustrasie deur Johannes Schumacher, ‘n  soldaat van Duitse afkoms in diens van die Dutch East India Company. Nog ‘n  vroeë en bekende besoeker was Lady Anne Barnard, eggenote van die Koloniale Sekretaris, Andrew Barnard, op 8 Mei 1798. Sy het in die, wat geglo is, helende minerale fonteinwater gebad. Die grotpoele is ook vroeër as deel van die gewese De Kelders Hotel as ‘n  Hydro Spa bestuur. Dit is opgeteken dat die grot se water genesende  eienskappe  het  wat baie mense oor meer as twee eeue soontoe gelok het. Die gemiddelde watertemperatuur is 21.1°C en daar kon dwarsdeur die jaar geswem word. Die hoofgrot is 26m by 20m met ‘n  maksimum hoogte van 4m. Die suidelike sy-grot is 10m lank met ‘n  maksimum hoogte van 2 meter terwyl nog twee nou tonnels na die noorde en weste deur gruis geblokkeer is.

Erf 1069 word op Woensdag, 31 Julie om 12:30 deur Claremart Auction Groep by die Radisson Blu-hotel in Grangerbaai opgeveil.

Francois de Jongh 

Drupgrotte Te Koop

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles