Academia Skoolhoof herstel flink

Academia Skoolhoof herstel flink

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson en sy eggenote, Julia tydens ‘n  vorige prysuitdeling

Tommy Wilson, Gansbaai Academia se skoolhoof, sterk tans goed aan in die Vergelegen MediClinic in Somerset-Wes, nadat hy sy personeel, leerders en die gemeenskap byna groot laat skrik het.
Tommy het aanvanklik moeg gevoel en gedink hy het griep onder lede. Sy verbasing was groot toe sy geneesheer vir hom sê dat hy inderwaarheid en onwetend ‘n  ligte hartaanval gehad het. Die nodige reëlings is getref en op Woensdag, 3 Julie het hy ‘n  drie-dubbele hartomleiding ondergaan. “Volgens die dokter was dit ‘n  baie groot, ernstige en sensitiewe operasie,” vertel sy eggenote, Julia. “Tommy was vir 5 dae in die Intensiewe Sorg-eenheid en is verlede Sondag, 7 Julie na ‘n  privaatsaal oorgeplaas. “Gelukkig was hy gees-telik goed voorbereid vir die operasie en ons glo dat almal se voort-durende gebede hom deurgehaal het.”

Tommy het reeds in die hospitaal met ligte fisio-oefeninge begin en is op Dinsdagaand, 9 Julie ontslaan. Hy sal nou tuis aansterk tot ongeveer die einde van Augustus. Intussen het Tommy op Saterdag, 6 Julie in sy hospitaalbed verjaar. “Ek wil net graag my opregte dank en waardering teenoor dr Frans Richards uitspreek wat ek glo my lewe gered het, asook teenoor my kantoorpersoneel, Elsa Breytenbach en Annamarie Buys wat my eintlik in ‘n  doktersafspraak inforseer het,” het Tommy telefonies gesê.

Hardus Botha 

Academia Skoolhoof herstel flink

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Have you noticed any peeling paint in your home? 

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Upgrade your space, one swatch at a time, with our Premium Satin Silk.

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Looking to tackle a paint project but not sure where to start?

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

Gans-Berg Nuus / News
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Creative Notions
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Bernina Overberg
See All Articles