Academia Skoolhoof herstel flink

Academia Skoolhoof herstel flink

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson en sy eggenote, Julia tydens ‘n  vorige prysuitdeling

Tommy Wilson, Gansbaai Academia se skoolhoof, sterk tans goed aan in die Vergelegen MediClinic in Somerset-Wes, nadat hy sy personeel, leerders en die gemeenskap byna groot laat skrik het.
Tommy het aanvanklik moeg gevoel en gedink hy het griep onder lede. Sy verbasing was groot toe sy geneesheer vir hom sê dat hy inderwaarheid en onwetend ‘n  ligte hartaanval gehad het. Die nodige reëlings is getref en op Woensdag, 3 Julie het hy ‘n  drie-dubbele hartomleiding ondergaan. “Volgens die dokter was dit ‘n  baie groot, ernstige en sensitiewe operasie,” vertel sy eggenote, Julia. “Tommy was vir 5 dae in die Intensiewe Sorg-eenheid en is verlede Sondag, 7 Julie na ‘n  privaatsaal oorgeplaas. “Gelukkig was hy gees-telik goed voorbereid vir die operasie en ons glo dat almal se voort-durende gebede hom deurgehaal het.”

Tommy het reeds in die hospitaal met ligte fisio-oefeninge begin en is op Dinsdagaand, 9 Julie ontslaan. Hy sal nou tuis aansterk tot ongeveer die einde van Augustus. Intussen het Tommy op Saterdag, 6 Julie in sy hospitaalbed verjaar. “Ek wil net graag my opregte dank en waardering teenoor dr Frans Richards uitspreek wat ek glo my lewe gered het, asook teenoor my kantoorpersoneel, Elsa Breytenbach en Annamarie Buys wat my eintlik in ‘n  doktersafspraak inforseer het,” het Tommy telefonies gesê.

Hardus Botha 

Academia Skoolhoof herstel flink

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles