Melodrama 2013 op pad

Melodrama 2013 op pad

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n  Deel van die hardwerkende span Melodrama-deelnemers tydens ‘n  oefensessie

“Ek glo vanjaar se Melodrama gaan weer eens vanuit ‘n  ander wêreld wees, asook ‘n  hoogtepunt vir Gansbaai,” vertel JP Coetzer, voorsitter van Gansbaai Melodrama Kinders Trust. “Dit verg jaarliks baie ‘stress’ en harde werk, maar die nood onder Gansbaai se kinders maak alles die moeite werd.” Gansbaai Melodrama Kinders Trust het ontstaan om behoeftige kinders in die Gansbaai-omgewing by te staan. Die Trust se grootste bron van inkomste is die jaarlikse Melodrama-produksies wat deur ‘n  span vrywilligers aangebied word. Verlede jaar kon 150 kinders, met behulp van donasies, ‘n  Melodrama-aand bywoon, waarby verversings ingesluit was.

Borgskappe van R50 per kind word benodig en vanjaar gaan gepoog word om die aantal kinders vir só ‘n  bederfie te verdubbel. Vanjaar se Gansbaai Melodrama is vir 12 tot 14 September geskeduleer, met die gesinsaande wat op 12 en 13 September (Donderdag en Vrydag) plaasvind, en die Gala-aand op 14 September.

Kostes beloop soos volg: Gesinsaande - R50 vir volwassenes en R30 per kind onder 16; Gala-aand - R175 per persoon. Kaartjies kan vanaf Maandag, 15 Julie 2013 by Pep Stores gekoop word. Belangstellendes in die Gala-aand sal moet spring, aangesien daar beperkte sitplekke oor is.

Die spyskaart vir die Gala-aand is weer eens besonders: Voorgereg - Salmon, Avocado & Prawn tower topped with caviar, served with Melba toast; Hoofmaal - Plum & Rosemary lamb Shanks served on bed of Mash; Nagereg - Amarula Panne Cotta with coffee syrup. Daar word ook vir vegetariërs voorsiening gemaak, maar dit moet tydens die koop van kaartjies aangemeld word.

Vir donasies, bydraes en/of die borg van ‘n  kind om ‘n  opvoering by te woon, kan JP Coetzer by 083-274-9674 geskakel word. Hou Gansbaai Courant dop vir gereelde inligting. 

Hardus Botha

Melodrama 2013 op pad

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles