Pensioen afslagtyd vir Roelof

Pensioen afslagtyd vir Roelof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Roelof en Ina Diener klink ‘n  glasie op Roelof se 60ste verjaardagvieringe saam met vriende in B-Blondes restaurant

So het Roelof Diener, bekende sakeman en toerisme- en natuurliefhebber van die omgewing, se tyd vir “pensioen-afslag” ook aangebreek. Sy eggenote, Ina, het ‘n  geselligheid vir enkele vriende vir sy 60ste verjaardag in die B-Blondes restaurant gereël. ‘n  Mooi gebaar van Roelof was die opmerking in die uitnodigingskaartjie: “Geen persoonlike geskenke nie, maar bring handdoeke of iets vir Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes.” B-Blondes het gesorg vir ‘n  smaaklike voorgereg, ‘n  heerlike (te veel!) buffetete en verleidelike nagereg. Die vorige week, 3 Julie, was dit ook die egpaar se 37ste huweliksherdenking. Ina het onder andere gesê: “Ja, Roelof het die gastehuis in Kleinbaai eiehandig gebou, want hy is aan sement verslaaf!” Op sy beurt het Roelof almal van harte bedank en afgesluit: “Met ons omstandighede waar Ina in Stellenbosch woon en ‘n  Fisioterapeut en deeltydse lektrise aan die universiteite van Stellenbosch en Wes-Kaapland is, beteken die ondersteuning van wonderlike vriende in Gansbaai baie vir my. Intussen kuier ek baie gereeld by Ina in Stellenbosch en ons is sonder twyfel van plan om Kleinbaai ons permanente aftreeplek te maak.”

Roelof is op 5 Julie 1953 in Stellenbosch gebore, waar hy ook grootgeword het. Hy verwerf ‘n  Baccalaureusgraad, asook sy BTh (Teologie) aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna dien Roelof vir sowat 10 jaar as predikant in Warmbad, Namibië en Rietfontein-Suid, Pretoria. Hy verlaat die teologiese wêreld en aanvaar ‘n  pos as Personeelbestuurder vir InterKaap Busdiens. Daarna bedryf hy sy eie besigheid, ALSHOUT Meubels in Stellenbosch, wat dennehoutmeubels vervaardig, tot 1994, waarna hy besluit “Toerisme” is vir hom bedoel. Met sy passie vir die natuur, staptogte en geskiedenis, tree as vryskut-toergids op totdat hy Aire del Mar Gastehuis in 2000 “op eie houtjie” begin bou, wat in 2002 ingewy is. Die gastehuis is onlangs met TripAdvisor se gewilde Certificate of Excellence vereer. Die naam is van Spaanse oorkoms en beteken "seebries" of "wind van die see".

Roelof hou reeds sedert sy geboorte saam met sy ouers vakansie in Kleinbaai, waar sy pa in 1960 ‘n  erf gekoop het en ‘n  “jarahouthuis” opgerig het. In 1980 het die egpaar die huis oorgeneem. “Roelof se oupagrootjie het in 1860 vanaf Oos-Pruise (Pole) as weeskind na Worcester in Suid-Afrika gekom. In 2000 het ons die kerk in Pole, waar hy gedoop is, gaan besoek en sover ons kennis strek is daar geen ander Diener-familie in Suid-Afrika nie,” vertel Ina. Die egpaar is op 3 Julie 1976 in die huwelik bevestig en het drie getroude seuns wat in die buiteland woon. “Ons het net katte, honde en hoenders as kleinkinders!”
Hardus Botha



 

Pensioen afslagtyd vir Roelof

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles