150ste vir St Thomas

150ste vir St Thomas

Gansbaai Courant

Die St Thomas “Klippieskerk” in Stanford vier die naweek van 19 Julie sy 150ste bestaansjaar, en is een van die oudste kerkies in die Overberg.  Die Anglikaanse kerkie is kort na die totstandkoming van die dorp Stanford (1856) op die markplein opgerig.  Ephraim Moore, wat aanvanklik deur Robert Stanford vanaf Engeland gebring is om die watermeul op sy plaas te vergroot en te bedryf, en sy familie was die grootdryfvere agter die bou van die kerk.  Die kerkie is gebou van plaaslike sandsteen en dekriet en die kerkwerf bestaan uit die kerk self, en die ‘oulap’ skool wat tot in 1983 nog as klaskamers gebruik is.

Aangesien 99% van die kerk se huidige lidmate vanuit die voorheen benadeelde gemeenskap kom (meeste dienste word in Afrikaans gehou!), het Stanford Conservation se Erfeniskomitee in 2008 besluit om die kerk onder sy vlerk te neem en fondse te bekom om die verdere agteruitgang van die gebou te stuit.  In 2009 is fondse vanaf die Roland & Leta Hill Trust bekom en is die kerk opgeknap en heelwat strukturele probleme uitgestryk.

Daar is egter nog heelwat meer wat gedoen moet word.  Die toiletfasiliteite is opgeknap maar glad nie op standaard nie, en die “oulap” skooltjie se rietdak kort aandag.  Om hierdie rede is daar weer besluit om ‘n  fondsinsamelingskonsert op 20 Julie in die kerkie te hou.  Die gewilde A Volonté-groep van Hermanus (Annemarie Joubert, Maike Skein en Hein Attwood) sal verskeie ligte klassieke werke speel, terwyl die plaaslike sopraan, Bea Whittaker, werke van Schubert sal sing – een ‘n  werk met die klarinet as die hoofinstrument.

Kaartjies kos R175p/p en sluit ‘n  vooraf glasie sjerrie en ligte versnaperinge en wyn na afloop van die konsert in.  Verrigtinge begin om 18:00 (6 uur) en kaartjies is beskikbaar by Stanford se Toerismekantoor (028) 341-0340, of vanaf milkwood@maxitec.co.za vir elektroniese kaartjies en betalings.

Bea Whittaker

150ste vir St Thomas

Bea Whittaker

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles