De Grendel nie gegrendel

De Grendel nie gegrendel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se oorhandiging van blyke van waardering in die Great White House, met voor vlnr Lena Bailey, Nika Frederichs en Helmie de Vries. Agter vlnr is Charles Hopkins, Annica van Coller, Johan Viljoen en Steve Serbon

De Grendel Wynlandgoed is gelukkig nie letterlik “gegrendel” nie. Daarvoor is hulle uitsonderlike wyne te goed, asook die 270º panoramiese uitkyk oor Kaapstad, Tafelberg en ander landskappe. Gansbaai Wynproegilde se voorsitter, Helmie de Vries het die nodige formaliteite vinnig afgehandel, nuwe gaste verwelkom en Charles Hopkins van De Grendel Wynkelder aan die woord gestel. “Ek beskou Charles as ‘n  ikoon in Suid-Afrika se wynbedryf, terwyl hy ook as die mees ervare beoordelaar van Sauvignon Blanc wyne bekendstaan en ook die gesogte posisie as President van Veritas sedert 2012 bekleë,” het Helmie gesê. Na sy studies het hy die wynbedryf-leer met mening geklim en in 1990 het hy sy kennis van edel rooi kultivars in Sonoma, Kalifornië en in St Emilion, Bordeaux verbreed, terwyl hy ook bemarkingstoere na Europa, VSA en Verenogde Koninkryke onderneem het.

In 2005 begin Charles as wynmaker op Sir David Graaff se wynplaas, De Grendel, waar hy ook deel van die span word. Hy tree ook as mentor vir studente op by die Universiteit van Stellenbosch en die Elsenburg Landboukollege. Hy dien ook as beoordelaar by die Jongwynskou, SAA, Top 10 Pinotage, Wine Magazine, Inbternational Wine and Spirit Competition, Paarl Shiraz en Wynlander.

Die uitstaande wyne wat te proe aangebied is, is Sauvignon Blanc (2013), Viognier (2012), Noble Late Harvest (2012), Rosè (2013), Merlot (2005 EN 2011), Pinot Noir (2010) en Rubaiyat (2009). Die proeërs het die wyne deurgaans met ‘n  baie sterk silwer of goud bekroon. Bykans almal was dit eens dat Charles se Sauvignon Blanc as “wyn van die aand” aangewys kan word. Rensa Stemmet van die Great White House het gesorg vir smaaklike bobotie, geelrys, groente en gestoofde vrugte, met ‘n  verleidelike caramel nagereg, Cremè brulè, met roomys en bessie-sous. Die gebruiklike oorhandiging van blyke van waardering aan Charles, Lena Bailey en Nika Frederichs is deur klublid Steve Serbon en twee nuwe gaste, Annica van Coller en Johan Viljoen gedoen.

Die volgende wynproe-aand kan moontlik vanaf die laaste Vrydagaand van Julie na Vrydagaand, 9 Augustus uitgestel word om saam met die Fees van die Ganse se Winter Fynbosskou in Gansbaai Academia te val - dus “wynproe tussen die fynbos!” Hou Gansbaai Courant dop vir die nodige bevestiging.

Navrae kan aan voorsitter Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 gerig word, of stuur ‘n  e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.      
                     
Hardus Botha

De Grendel nie gegrendel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles