Die Laaste Tango

Die Laaste Tango

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hy is een van Suid-Afrika se gewildste skrywers en sy boeke word in 25 tale vertaal. Nou maak Deon Meyer ook sy debuut as filmregisseur met die rolprent Die Laaste Tango, ‘n  spanningsvolle liefdesverhaal propvol intrige. Meyer het ook die draaiboek geskryf. Die rolprent is in Loxton in die Karoo verfilm.

Herkules de Wet (Louw Venter), ‘n  34-jarige werkverslaafde speurder, stel ‘n  lokval vir Basson (Stian Bam), ‘n  psigopaat wat nege vroue grusaam vermoor het. Wanneer hy hom vang, rand hy die reeksmoordenaar in woede en haat só erg aan dat De Wet drie jaar se uitmergelende werk en ‘n  skuldigbevinding in ernstige gevaar stel.

De Wet se baas stuur hom na Loxton, ‘n  afgeleë dorpie in die Bo-Karoo, om af te koel en te wag dat die omstredenheid oorwaai. Hier ontmoet hy vir Ella Winter (Antoinette Louw), die mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. De Wet se enigste doel is om die tyd te verwyl sodat hy sy pligte as speurder kan hervat, en die verlammende verveling te beveg. Ella se wens is om nog een laaste keer te tango.

De Wet is aanvanklik huiwerig om te leer dans, maar Ella se lewenslus en skoonheid – en sy eie begeerte na heling – laat hom al hoe dieper betrokke raak by dié uitsonderlike vrou.

Intussen ontwaak Basson in die hospitaal, en beplan sy wraak teen De Wet. Hy slaag daarin om te ontsnap, en sy bloedspoor lei na die Bo-Karoo. Op die nag van die laaste tango, daag die reeksmoordenaar in Loxton op.

Ook in die rolverdeling is Marius Weyers as Kapt. Mauritz Duvenhage, Loukmaan Adams en Heino Schmitt as speurder-sersante Basie Beyers en Dave Malan, Ilse Oppelt as Kol. Marga Hoffman en Rob van Vuuren as die skelm prokureur Kevin King. Die Laaste Tango word versprei deur Nu Metro Films en is landswyd op 5 Julie 2013 vrygestel.

Vir media-navrae kontak Annarie Hugo by 072-214-4590 of annarie@annarie.co.za.

Die Laaste Tango

Nuwe Deon Meyer fliek

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles