Hierdie ouens kan

Hierdie ouens kan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Toe die stok se punt sak het ek geweet, hierdie ingooi is iets besonders. Die twee outjies gaan beiindruk wees. Hoe kan dit dan anders? Die 49 is vars geolie en my stok is gemaak vir hierdie katrol. My oog was ingestel op die seebamboes seker so na aan ‘n  120+ meter, see-in. Toe ek die ligte plofgeluid hoor, moes ek mooi kyk om te sien waar die sinker beland het, maar ek was tevrede.

Die drie van ons het op die Gruis gaan kabeljou soek en die ander twee ouens was van die Kaap af. Die jongmanne, móét ek sê weet wat hulle doen en is ou ape wanneer dit by tegniek  kom. Hulle het terwyl hulle al die goed uit die omhulsels haal, my omtrent dopgehou. En ek weet hulle het opgelet hoe ver ek daardie sinker gegooi het. Hulle het so saam-saam langs my kom staan en nou was dit my beurt om hulle in die oog te hou. Wat ek dadelik opgelet het was die amper silwer katrolle en hulle het van daardie inmekaarsteekstokke gehad. Nog nooit juis ooghare gehad daarvoor nie, volgens my is die grootste  voordeel dat die goed opgevou kan word. Ek het gewonder hoe die manne met so ‘n  kombinasie ordentlik kan gooi. Toe die ouens oorhaal kon ek selfvondaan in my mou glimlag. Dit lyk nie eers of hulle moeite doen nie, staan dan sommer so half agter my.

Met die lostrek het ek seker gemaak ek hou  minstens een van hulle se sinker in die oog, daar was geen kans dat hulle verder as ek sou gooi nie. Iets was egter fout. Daardie sinker het eenvoudig verdwyn en met die opvolggooie het ek agtergekom hulle sinkers (albei van hulle s‘n ) word seker twee keer verder as myne gegooi!  Ek wou nie eens vra wat se katrolle hulle gehad het nie hoewel ek bewus daarvan is dat daar ‘n  magdom “bearings” in is en dit ‘n  fortuin moes gekos het. Jammer ouens, ek het julle en julle gereedskap totaal onderskat  --  en ‘n  les geleer. Miskien kan julle my leer gooi!

Dit het  my laat terugdink aan die dae van bloedlyn, handlyne en “centrepins" asook Indian cane-stokke. Daarna die 49’s en die Penn 500. Toe die Tattler, die beste maar onbekostig-baarste katrol waarop ons ons hande probeer lê het. Met die Indian cane moes jy so half van die kant af gooi, en dan was hy normaalweg nog krommerig ook.

Daar was ook tye van witmossels wat so uitgedroog was jy kon hulle middeldeur breek. En banksakkies vir sinkers. Ek self was maar eina-klein toe dít alles gebeur het, maar onthou dit baie goed.

Alles dit nou net omdat die manne my ore aangesit het met die gooiery! By die Gruis is die sloepe mooi oopgespoel en lyk belowend terwyl die bootmanne moet uitkyk vir die makriel.

Groete, Seemeeu

Hierdie week weer die vertalings.
Kommentaar sal welkom wees.

Medium tackle - mediumsterkte gerei
Launching site - sleephelling (hawe) lanseerterrein
Throw baits, slides - gooiaas, glystroppe
Poppers - oppervlaklepels (vir leervis, byv.)
Endtackle - endgerei
Hook line - hoekstrop

Hierdie ouens kan

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles