Adjunk vir Gansbaai Primer

Vlnr is Neil Pedro, nuwe Adjunkhoof van Gansbaai Primêr, saam met twee nuwe personeellede, Machè Fortuin en Salomi van Wyk

Gansbaai Primêr spog met ‘n “ou” hand as hulle nuwe Adjunkhoof. Neil Pedro is met ingang van 1 Julie vanjaar as Adjunkhoof aangestel. Neil het sy onderwysjare by Gansbaai Primêr in 2003 begin, waarna hy aan die begin van 2010 ‘n pos by Gansbaai Academia aanvaar het. Nou is hy terug by Gansbaai Primêr as Adjunkhoof. Nog twee nuwe aanstellings is dié van Machè Fortuin van Worcester wat as ‘n Gr 5 onderwyser aangestel is, en Salomi van Wyk wat as Gr 1 onderwyser aangestel is. Dit is Maché se 2de onderwysjaar en Salomi se 1ste onderwysjaar.

Hardus Botha