Anton Goosen vereer

Anton Goosen (regs), het verlede week by die 10de Inniebosfees in Nel-spruit ‘n toekenning ontvang vir lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek. Die toekening is ‘n beeld deur die bekende beeldhouer Arend Eloff vervaardig.
Hy het ook die temaliedjie vir Deon Meyer se nuwe rolprent die Laaste Tango geskryf,  en sy Viva Madiba is so pas op cd uitgereik in agt verskillende tale onder meer deur Rebecca, Dozi, Charlize Berg, Gloria, Bosman en andere. Anton se gewilde liedjieboer-rumoer program op RSG Maandagaande se tweede reeks is so pas voltooi en die volgende  reeks is oor 3 maande.