Ligte boodskap vir Madiba

Ligte boodskap vir Madiba

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Norman Brown se “Word Gesond”- en “Happy Birthday”-boodskappe wat hy met dekoratiewe ligte vervaardig het

Die man wat vir die vervaardiging van al Gansbaai se Kersliggies (buiten die ouer tipes) verantwoordelik is, Norman Brown, woon in Oos-Londen. ‘n Vriend van hom in Gansbaai en met wie hy al jarelank saamwerk, Danie Maree (Snr Bestuurder Elektro Tegniese Dienste van Gansbaai Munisipaliteit), het Gansbaai Courant laat weet dat Norman ‘n besonderse “Word Gesond” boodskap teen die heining van sy woning aangebring het.

Die boodskap is in die vorm van gekleurde, dekoratiewe ligte (soos Kersliggies) wat deur hom met 200 meter koordligte vervaardig is. Die boodskap lui: “Get Well Madiba”, met bykomende en gepaste dekoratiewe ligvorms, ingesluit ‘n verligte ster. “The idea for the message was inspired by Madiba’s love for children and the enlightenment Mandela brought to the country during times of darkness,” het Norman gesê. Danie sê Norman het ‘n passie vir dit wat hy met dekoratiewe beligting doen. “Daar bestaan geen twyfel dat die Madiba-boodskap teen Norman se heining met ‘n passie, asook met ‘n diepliggende boodskap vervaardig is nie,” sê Danie. 

Nou pryk daar ook ‘n groot “Happy Birthday”-boodskap van Norman oor een van Oos-London se strate. Norman se ligte vervaardigingsbesigheid vervaardig al vir die afgelope 15 jaar dekoratiewe ligte. Nog uitstaande voorbeelde van Norman se dekoratiewe “ligkuns”, is drie 32-meter sokkerballe in Port Elizabeth vir die 2012 Wêreld Sokkerbeker, die enorme vistreiler oor Gansbaai se hoofstraat en ‘n portret van Madiba by die Nelson Mandela Museum in Mathatha.

Hierdie en vele ander dekoratiewe werk met ligte, het hom die naam van “Mr Lights” besorg. Danie sê, naas Gansbaai se Kersliggies, het Norman ook ‘n groot gedeelte van Hermanus en Kleinmond se Kersliggies vervaardig. “Dit is ook interessant om te meld dat Norman net gedurende die afgelope 22 maande sowat 124,000 kilometer afgelê het om Kersliggies af te lewer.” 

Hardus Botha
 

Ligte boodskap vir Madiba

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles