Bobbejaanstreke

Bobbejaanstreke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die verdwaasde bobbejaan. Nadat hy deur kragdrade by Franskraal Waterwerke geskok is

“Moenie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie”, maar toe doen kees-se-kind dit self en loop hom in sy eie bobbejaanstreke vas. Danie Maree, Snr Bestuurder Elektro Tegniese Dienste van Gansbaai Munisipaliteit, vertel van die bobbejaanmannetjie wat vir ‘n kragonderbreking by die Franskraal Waterwerke verantwoordelik was. “Hy het vermoedelik teen die paal opgeklouter en homself met die drade misgis,” sê Danie.

Toe die manne hom kry, was kees-se-kind goed lam in die agterlyfie en hulle het hom versigtig agter in een van die voertuie gelaai en veearts toe geneem. Danie sê hulle het die voorval by die munisipale natuurbewaringsafdeling aangemeld. Daar het Bennie Kondokter hulle meegedeel dat slegs CapeNature in so geval die laaste besluit het of die diertjie uitgesit moet word en of hy gerehabiliteer gaan word. Intussen het Bennie Gansbaai Courant meegedeel dat dié nuuskierige knaap toe gelukkig nie uitgesit is nie, maar hulle het hom weer by sy trop laat aansluit - dus is die “lam agterwêreld” vergete, maar hopelik nie die les wat hy geleer het nie.

Inwoners word versoek om die teenwoordigheid van bobbejane naby aan residensiële erwe summier aan die munisipale owerhede te rapporteer sodat hulle verwyder kan word voordat dit ‘n groot probleem raak.

Hardus Botha

Bobbejaanstreke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles