1986 se Haai in Hawe

1986 se Haai in Hawe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Piet van Zyl van Franskraal het onlangs met ‘n berig wat op 24 Julie 1986 in Die Burger verskyn het, “Kinders vang reuse-haai met slap riem”, by Gansbaai Courant kom inloer. “Ek het ‘n afskrif gebring na aanleiding van ‘n berig in Gansbaai Courant oor die grootwithaai in Gansbaai se hawe,” het Piet gesê. Drie kinders van Gansbaai het destyds ‘n “reuse” grootwithaai met ‘n tou om sy stert in die nuwe deel van die hawe gevang, “en hulle moes klou vir ‘n vale” om nie deur die haai see toe gesleep te word nie. Die held onder die drie kinders was Lou Hugo, toe 15 jaar oud. Hy en sy suster, Marinda, toe 13 jaar oud, het die vorige dag gaan visvang toe die haai uit die water spring. “Marinda het haar lyn ingetrek en die volgende oomblik het ‘n reuse-haai uit die water gespring en woes na haar gehap. Gelukkig was dit mis,” het Lou destyds gesê.

‘n Grootwithaai wat deur Dyer Island Conservation Trust van Wilfred Chivell vir navorsingsdoeleindes ge-“tag” is. Foto: Dyer Island Conservation Trust

Die volgende dag is Lou en nog ‘n vriend, Geoffrey Spaans, ook 15 jaar oud, terug hawe toe - “gewapen” met ‘n dik nylontou. ‘n Lus is gemaak en hulle het vir die haai gewag. “Die haai het al teen die muur afgeswem en die volgende oomblik was hy in die lus. Ek het styfgetrek en dis toe dat jy net water sien spat soos hy probeer om los te kom,” het Lou destyds gesê. Daarna was dit gespook, maar met die visserman se hulp is die haai uitgesleep en dit het 6 mans gekos om dit die laaste entjie uit te sleep. Die grootwithaai was meer as 5 meter lank en het meer as 400kg geweeg. Gedagtig aan die afgelope klompie jare se worstelende stryd om die grootwithaai te bewaar en alles wat deur natuurbewustes in dié proses gedoen word om suksesse te behaal, ingesluit enorme kostes wat aan navorsing in hierdie verband bestee word, is hierdie in vandag se terme eerder ‘n hartseer- as ‘n helde-verhaal, maar destydse sienings het aansienlik met dié van vandag verskil.       

Hardus Botha

1986 se Haai in Hawe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles