1986 se Haai in Hawe

1986 se Haai in Hawe

Gansbaai Courant

Piet van Zyl van Franskraal het onlangs met ‘n berig wat op 24 Julie 1986 in Die Burger verskyn het, “Kinders vang reuse-haai met slap riem”, by Gansbaai Courant kom inloer. “Ek het ‘n afskrif gebring na aanleiding van ‘n berig in Gansbaai Courant oor die grootwithaai in Gansbaai se hawe,” het Piet gesê. Drie kinders van Gansbaai het destyds ‘n “reuse” grootwithaai met ‘n tou om sy stert in die nuwe deel van die hawe gevang, “en hulle moes klou vir ‘n vale” om nie deur die haai see toe gesleep te word nie. Die held onder die drie kinders was Lou Hugo, toe 15 jaar oud. Hy en sy suster, Marinda, toe 13 jaar oud, het die vorige dag gaan visvang toe die haai uit die water spring. “Marinda het haar lyn ingetrek en die volgende oomblik het ‘n reuse-haai uit die water gespring en woes na haar gehap. Gelukkig was dit mis,” het Lou destyds gesê.

‘n Grootwithaai wat deur Dyer Island Conservation Trust van Wilfred Chivell vir navorsingsdoeleindes ge-“tag” is. Foto: Dyer Island Conservation Trust

Die volgende dag is Lou en nog ‘n vriend, Geoffrey Spaans, ook 15 jaar oud, terug hawe toe - “gewapen” met ‘n dik nylontou. ‘n Lus is gemaak en hulle het vir die haai gewag. “Die haai het al teen die muur afgeswem en die volgende oomblik was hy in die lus. Ek het styfgetrek en dis toe dat jy net water sien spat soos hy probeer om los te kom,” het Lou destyds gesê. Daarna was dit gespook, maar met die visserman se hulp is die haai uitgesleep en dit het 6 mans gekos om dit die laaste entjie uit te sleep. Die grootwithaai was meer as 5 meter lank en het meer as 400kg geweeg. Gedagtig aan die afgelope klompie jare se worstelende stryd om die grootwithaai te bewaar en alles wat deur natuurbewustes in dié proses gedoen word om suksesse te behaal, ingesluit enorme kostes wat aan navorsing in hierdie verband bestee word, is hierdie in vandag se terme eerder ‘n hartseer- as ‘n helde-verhaal, maar destydse sienings het aansienlik met dié van vandag verskil.       

Hardus Botha

1986 se Haai in Hawe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles