Gratis Internet vir Gamers

Gratis Internet vir Gamers

Gansbaai Courant

Die op-en-wakker jongmense van die rekenaarklub, The Gansbaai Gamers, glimlag van oor tot oor van dankbaarheid. Johan van Staden van Suidsee Wireless het gratis internettoegang aan hulle besorg. “In ons spesifieke geval waar ons ‘n groot groep rekenaarverbruikers is wat van LAN as kommunikasiemiddel gebruik maak, is die tipe internettoegang wat Johan vir ons geborg het, enig in sy soort in Gansbaai,” sê Riaan van Lill, broer van die groep se sameroeper, Jacques van Lill.
Jacques (links) en Riaan van Lill, die twee broers wat die bedryf van “The Gansbaai Gamers” lewendig hou

“Hierdie stelsel laat ons rekenaarspeletjies speel wat nie voorheen moontlik was nie, dit is baie vinniger en die belangrikste van alles is dat selfs oorsese spelers, wat nie aan ons LAN gekoppel is nie, kan saamspeel.” Sowat 30 rekenaarjongmanne en -dames het die vorige byeenkoms bygewoon. Die klub is in 2009 gestig en Jacques sê dit gaan steeds beter en beter, ook met nuwelinge wat aansluit. Hulle maak van Local Area Network (LAN) vir netwerk-kommunikasie tussen die rekenaars in die vertrek gebruik “en nou gaan dit soveel beter met Suidsee Wireless se borgskap,” sê Jacques. “Dankie ook aan Gansbaai Superspar vir die borg van verversings tydens ons vorige byeenkoms, asook dankie aan Glenda Kitley van Gansbaai Toerismeburo vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word."

Vir enige navrae kan Jacques van Lill by 072-786-2340 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.

Hardus Botha

Gratis Internet vir Gamers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles