Gratis Internet vir Gamers

Gratis Internet vir Gamers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die op-en-wakker jongmense van die rekenaarklub, The Gansbaai Gamers, glimlag van oor tot oor van dankbaarheid. Johan van Staden van Suidsee Wireless het gratis internettoegang aan hulle besorg. “In ons spesifieke geval waar ons ‘n groot groep rekenaarverbruikers is wat van LAN as kommunikasiemiddel gebruik maak, is die tipe internettoegang wat Johan vir ons geborg het, enig in sy soort in Gansbaai,” sê Riaan van Lill, broer van die groep se sameroeper, Jacques van Lill.
Jacques (links) en Riaan van Lill, die twee broers wat die bedryf van “The Gansbaai Gamers” lewendig hou

“Hierdie stelsel laat ons rekenaarspeletjies speel wat nie voorheen moontlik was nie, dit is baie vinniger en die belangrikste van alles is dat selfs oorsese spelers, wat nie aan ons LAN gekoppel is nie, kan saamspeel.” Sowat 30 rekenaarjongmanne en -dames het die vorige byeenkoms bygewoon. Die klub is in 2009 gestig en Jacques sê dit gaan steeds beter en beter, ook met nuwelinge wat aansluit. Hulle maak van Local Area Network (LAN) vir netwerk-kommunikasie tussen die rekenaars in die vertrek gebruik “en nou gaan dit soveel beter met Suidsee Wireless se borgskap,” sê Jacques. “Dankie ook aan Gansbaai Superspar vir die borg van verversings tydens ons vorige byeenkoms, asook dankie aan Glenda Kitley van Gansbaai Toerismeburo vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word."

Vir enige navrae kan Jacques van Lill by 072-786-2340 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.

Hardus Botha

Gratis Internet vir Gamers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles