Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Persoonlik: Hierdie week het ons klub "gesinnetjie” ‘n vriendin verloor met die afsterwe van Hilda Pieterse na ‘n lang lyding .  Ons innige simpatie aan Johan en gesin.  Marlene Davin het ‘n rugoperasie ondergaan wat haar baie lank uit gholf gaan hou – Marlene, ons dink aan jou en wens jou sterkte toe.

Verjaarsdae
:  Mrs M Christmas 22nd (England), Erich Eisenbarth 25th (Germany), JP Strydom 27ste en FD Visagie 29ste.  Veels geluk, en mooiste wense!

Woensdag
se Sloegterskompetisie is gewen deur Joe Cesare met 40 punte, gevolg deur Solly Wessels 38, Leon Hattingh 38, Rob Jerrard 37, Paul Dippenaar 37, Daan Victor 36, Johannes vd Walt 35, Dawie Viljoen 35, Jannie Brandt 35, Bobby Brandt 35. Naaste aan die penne was Rob Jerrard op no 2&11 en Solly Wessels op no 8&17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Solly Wessels (17) en Rob Jerrard (11).

Vrydag
se kompetisie (borg: OK Foods) is gewen deur Solly Wessels met 20 punte.  Die ledetrekking is nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.

Saterdag
se kompetisie was die jaarlikse Beeskraal Ope wat geborg is deur Zonart (Bev Swart).  Ons hartlike dank aan Bev vir die pragtige pryse – dit word baie waardeer, almal gaan gewis baie lekker eet aan die heerlike vleispryse!  Die formaat was ‘n Enkel Stableford en, die Jong Bulle het gewen met 33.5, gevolg deur die Ou Bulle met 31.1, Koeie 30 en Osse 28. 
Wenners Beeskraal Ope

Die uitslag van die kompetisie was soos volg:  Jong Bulle:  M Arendse 40, J Wylbach 38, D Williams 37;  Ou Bulle:  Johan Coetzee 40, A Brown 37, Solly Wessels 34;  Koeie: June Rahn 30; Osse:  John Thompson 39, El Matthee 36, Piet le Roux 33.  Naaste aan die penne was Malcolm Bury op no 2&11, George Hunt op no 8&17, en Andre Roos op no 15.  John Thompson wen die langste set op no 9&18 (borg: Leon Hattingh).  Spog Twee’s word aangeteken deur John Thompson (11), George Hunt (11) en Malcolm Bury (2).

Ligaspan
speel Saterdag op Kleinmond hul laaste wedstryd vir die jaar, en ons wens hul alle sterkte toe.  Die span is Johan Coetzee, Daan Victor, Sextus Neethling, Andre Coetzee, Christo Spanellis, Andre Roos en George Hunt.

Volgende Saterdag
se kompetisie is ‘n Enkel Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 – Johan Coetzee
 

Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles