Snoek

Snoek

Gansbaai Courant

Juliemaand is mos wanneer die snoek gewoonlik by ons uitslaan! Die weer en water kan ook bepalend wees maar die see lyk akkomoderend en jy’s lus om die boot op die water te kry, so  --  jy gaan see toe. Maar daar is geen sekerheid dat jy gaan vis kry nie. Boonop, waar moet jy gaan soek? So ver kan jy niemand se voorbeeld volg nie en gewoonlik is daar hoop wanneer die sardynbote van hierdie visse gewaar, maar in hierdie verband is daar nog niks definitiefs nie. Wat om te doen? Vat maar ‘n kans en met jou “crew” georganiseer sit jy af Haaibank se kant toe. Punt se een. Hoop vir die beste en weg is jy.

Trevor Korte, nog besig om die see te voel-voel, kan ook spog met ‘n mooi makriel en ‘n ordentlike roman, gevang kort duskant Haaibank.

Om ‘n lang storie kort te maak, jou vangs bestaan uit ‘n paar mooi silwervisse, ‘n paar vet hotties, en ‘n paar lywige romanne, én ‘n geelbekkie. Maar jy vang ook ‘n snoekie, en dís nie so ‘n besonderse prestasie nie, dit is mos Juliemaand. Wag nou, dis ‘n móói snoek en hy kom los van die lyn net toe jy hom aan boord wil tel en hy beland weer in die water, los van alles. En nou kom die prestasie, om ‘n spartelende snoek aan sy stert te vang, sy kop met die ander hand vas te vat, en weer terug op die boot te tel, dít wil gedoen wees!!

So, daar is snoek, en daar is geelbek, soek hulle maar. Groete,
Seemeeu

Die volgende vertalings:
Swivel - 2- en 3-draaispil
Spinners - lepels
Surface plugs - oppervlakproppe, (soos vir leervis, geelstert, elf)
Lipped lures - Gelipte ase [swem-aas (soos Rapalas)]
Slide - voerder
Non return slide - eenrigtingvoerder 

Snoek

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles