Snoek

Snoek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Juliemaand is mos wanneer die snoek gewoonlik by ons uitslaan! Die weer en water kan ook bepalend wees maar die see lyk akkomoderend en jy’s lus om die boot op die water te kry, so  --  jy gaan see toe. Maar daar is geen sekerheid dat jy gaan vis kry nie. Boonop, waar moet jy gaan soek? So ver kan jy niemand se voorbeeld volg nie en gewoonlik is daar hoop wanneer die sardynbote van hierdie visse gewaar, maar in hierdie verband is daar nog niks definitiefs nie. Wat om te doen? Vat maar ‘n kans en met jou “crew” georganiseer sit jy af Haaibank se kant toe. Punt se een. Hoop vir die beste en weg is jy.

Trevor Korte, nog besig om die see te voel-voel, kan ook spog met ‘n mooi makriel en ‘n ordentlike roman, gevang kort duskant Haaibank.

Om ‘n lang storie kort te maak, jou vangs bestaan uit ‘n paar mooi silwervisse, ‘n paar vet hotties, en ‘n paar lywige romanne, én ‘n geelbekkie. Maar jy vang ook ‘n snoekie, en dís nie so ‘n besonderse prestasie nie, dit is mos Juliemaand. Wag nou, dis ‘n móói snoek en hy kom los van die lyn net toe jy hom aan boord wil tel en hy beland weer in die water, los van alles. En nou kom die prestasie, om ‘n spartelende snoek aan sy stert te vang, sy kop met die ander hand vas te vat, en weer terug op die boot te tel, dít wil gedoen wees!!

So, daar is snoek, en daar is geelbek, soek hulle maar. Groete,
Seemeeu

Die volgende vertalings:
Swivel - 2- en 3-draaispil
Spinners - lepels
Surface plugs - oppervlakproppe, (soos vir leervis, geelstert, elf)
Lipped lures - Gelipte ase [swem-aas (soos Rapalas)]
Slide - voerder
Non return slide - eenrigtingvoerder 

Snoek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles