R43 Hoofpad Herbou

R43 Hoofpad Herbou

Gansbaai Courant

Die bekende Varksnoet wat te sien is op die R43 tussen Hermanus en Stanford.

Die R43 provinsiale hoofpad tussen Hermanus en Stanford gaan oorgebou word tot die vereiste voorgeskrewe standaard.

Die pad is tans baie smal en die skouers smal en ongeteer. Die wydte van 6,4m gaan vergroot word tot 7,4m wat voorsiening maak vir twee bane van 3,7m elk.

Verder gaan daar aan beide kante van die pad geteerde skouers van 2m elk wees. Die vertikale en horisontale gradient van die pad sal so ontwerp word dat dit geskik sal wees vir sigafstand en gebruik teen 100 km per uur. Die stormwaterstrukture by Vogel-gat en die Kleinrivierbrug, asook ander laagliggende gebiede se dreinering sal ook verbeter word. Verder sal toegangsveiligheid tot die R43 verbeter word deur onveilige aansluitings te sluit en te konsolideer. Daar sal ook ‘n   verkeersirkel by Stanford se ingangskruising gebou word. Die nuwe gedeelte sal vir eers vanaf Hermanus tot oorkant die sokkerveld voor die begin van die industriële gebied gebou word.

Hierdie opgradering van die R43 val onder die Weskaapse Departement van Vervoer en Publieke Werke en ‘n   omgewingsimpakstudie sal gedoen word. Die opgradering van hierdie hoofpad sal voorsiening maak vir verbysteekgeleenthede wat die roete baie veiliger sal maak. Hopelik sal dié opgradering later tot by Gansbaai uitgebrei word. Dit sal, saam met die Gansbaai – Elim – Bredasdorp teerpad wat tans in sy laaste fase van konstruksie is, die gebied verder oopstel vir toerisme en ekonomiese groei.

Francois de Jongh

R43 Hoofpad Herbou

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles