R43 Hoofpad Herbou

R43 Hoofpad Herbou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bekende Varksnoet wat te sien is op die R43 tussen Hermanus en Stanford.

Die R43 provinsiale hoofpad tussen Hermanus en Stanford gaan oorgebou word tot die vereiste voorgeskrewe standaard.

Die pad is tans baie smal en die skouers smal en ongeteer. Die wydte van 6,4m gaan vergroot word tot 7,4m wat voorsiening maak vir twee bane van 3,7m elk.

Verder gaan daar aan beide kante van die pad geteerde skouers van 2m elk wees. Die vertikale en horisontale gradient van die pad sal so ontwerp word dat dit geskik sal wees vir sigafstand en gebruik teen 100 km per uur. Die stormwaterstrukture by Vogel-gat en die Kleinrivierbrug, asook ander laagliggende gebiede se dreinering sal ook verbeter word. Verder sal toegangsveiligheid tot die R43 verbeter word deur onveilige aansluitings te sluit en te konsolideer. Daar sal ook ‘n   verkeersirkel by Stanford se ingangskruising gebou word. Die nuwe gedeelte sal vir eers vanaf Hermanus tot oorkant die sokkerveld voor die begin van die industriële gebied gebou word.

Hierdie opgradering van die R43 val onder die Weskaapse Departement van Vervoer en Publieke Werke en ‘n   omgewingsimpakstudie sal gedoen word. Die opgradering van hierdie hoofpad sal voorsiening maak vir verbysteekgeleenthede wat die roete baie veiliger sal maak. Hopelik sal dié opgradering later tot by Gansbaai uitgebrei word. Dit sal, saam met die Gansbaai – Elim – Bredasdorp teerpad wat tans in sy laaste fase van konstruksie is, die gebied verder oopstel vir toerisme en ekonomiese groei.

Francois de Jongh

R43 Hoofpad Herbou

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles