Pragdier opgetel

Pragdier opgetel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die pragtige “ru-haar” windhond by BARC se hokke wat na ‘n   liefdevolle eienaar opsoek is

 ‘n   Pragtige en yslike groot rondloper “ru-haar” windhond is deur ‘n   anonieme diereliefhebber van Gansbaai langs die R43 naby Stanford raakgeloop, met geen eienaar in sig nie. Sy het die hond aan Philip Schreck van BARC oorhandig, wat dit ‘n   tydelike tuiste in BARC se hokke gebied het. Die hond  is ‘n   gesteriliseerde reun en tree baie liefdevol op. Navrae in hierdie verband kan aan Philip gerig word. BARC is steeds volspoed aan die gang en die nuwe hondehokke en kattehuis (cattery) was beslis ‘n   groot aanwins, maar ondersteuning deur die gemeenskap vir hierdie groot verantwoordelikheid bly steeds ‘n   noodsaaklikheid. Dit gaan eweneens goed met BARC se Tweedehandse Winkel, danksy skenkings deur die gemeenskap. Tweedehandse artikels, hoe “oud” ookal, soos veral kombuisware, linne, gordyne, handdoeke, ornamentjies en enige ander snuisterye word deurlopend benodig. Die winkel is op die hoeke van Hoof- en Korporasiestrate geleë en hulle besigheidsure is Maandae tot Vrydae vanaf 08:30-17:00 en Saterdae vanaf 08:30-13:00. Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in die volgende bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 196 005 - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening.

“Dit gaan ook baie goed met ons Facebook-blad, “BARC Gansbaai Animal Welfare”, wat reeds met vele vriende en diereliefhebbers, ook vanaf oorsese lande, spog,” vertel Annalie Jonker van BARC. Met die Fees van die Ganse op 21 September 2013 reeds in sig, kan inwoners gerus van die gewilde BARC Troeteldierskou onthou. Meer inligting, asook die presiese datum, sal mettertyd bekendgemaak word.

Vir enige navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Phillip Schreck (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.     
                         
Hardus Botha 

Pragdier opgetel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles