Pragdier opgetel

Pragdier opgetel

Gansbaai Courant

Die pragtige “ru-haar” windhond by BARC se hokke wat na ‘n   liefdevolle eienaar opsoek is

 ‘n   Pragtige en yslike groot rondloper “ru-haar” windhond is deur ‘n   anonieme diereliefhebber van Gansbaai langs die R43 naby Stanford raakgeloop, met geen eienaar in sig nie. Sy het die hond aan Philip Schreck van BARC oorhandig, wat dit ‘n   tydelike tuiste in BARC se hokke gebied het. Die hond  is ‘n   gesteriliseerde reun en tree baie liefdevol op. Navrae in hierdie verband kan aan Philip gerig word. BARC is steeds volspoed aan die gang en die nuwe hondehokke en kattehuis (cattery) was beslis ‘n   groot aanwins, maar ondersteuning deur die gemeenskap vir hierdie groot verantwoordelikheid bly steeds ‘n   noodsaaklikheid. Dit gaan eweneens goed met BARC se Tweedehandse Winkel, danksy skenkings deur die gemeenskap. Tweedehandse artikels, hoe “oud” ookal, soos veral kombuisware, linne, gordyne, handdoeke, ornamentjies en enige ander snuisterye word deurlopend benodig. Die winkel is op die hoeke van Hoof- en Korporasiestrate geleë en hulle besigheidsure is Maandae tot Vrydae vanaf 08:30-17:00 en Saterdae vanaf 08:30-13:00. Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in die volgende bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 196 005 - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening.

“Dit gaan ook baie goed met ons Facebook-blad, “BARC Gansbaai Animal Welfare”, wat reeds met vele vriende en diereliefhebbers, ook vanaf oorsese lande, spog,” vertel Annalie Jonker van BARC. Met die Fees van die Ganse op 21 September 2013 reeds in sig, kan inwoners gerus van die gewilde BARC Troeteldierskou onthou. Meer inligting, asook die presiese datum, sal mettertyd bekendgemaak word.

Vir enige navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Phillip Schreck (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.     
                         
Hardus Botha 

Pragdier opgetel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles