R3 000 vir Matriekafskeid

R3 000 vir Matriekafskeid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Christa de Vries oorhandig Gansbaai Lionsklub se welkome tjek ten bedrae van R3,000 aan Kobus Koekemoer vir Gansbaai Academia se 2013 Matriekafskeid

“Gansbaai Lionsklub het die behoefte by Gansbaai Academia raakgesien met verwysing na fondse wat dringend vir die 2013 Matriekafskeid benodig word,” vertel Christa de Vries van Gansbaai Lionsklub. Sy sê die Lions het diep onder die indruk daarvan gekom en besluit om te help. “Matriekafskeidfunksies is jaarliks ‘n hoogtepunt vir elke matriekleerder, terwyl dit soms onbekostigbaar kan wees.” Die Gansbaai Lionsklub het besluit om R3,000 vir hierdie doel opsy te sit, wat op Woensdag, 17 Julie 2013 oorhandig is. Adjunkhoof Kobus Koekemoer het die tjek in die afwesigheid van die skoolhoof, Tommy Wilson in ontvangs geneem. Tommy sterk tuis aan nadat ‘n   operasie vir ‘n   drie-dubbele hartomleiding onlangs op hom uitgevoer is. Kennis kan geneem word dat dit sommer baie goed met Tommy gaan. Kobus het sy opregte dankbaarheid namens die skool teenoor die groot gebaar van Gansbaai Lions uitgespreek. Tydens die oorhandiging van die tjek is die interessante opmerking gemaak dat Kobus homself in die jare 1997/98 ‘n   Lion President van Gansbaai Lionsklub was.

“Gansbaai Lionsklub nooi graag alle besighede en instansies, maar ook individue, uit om selfs net R50 per maand vir Gansbaai Academia se Matriekafskeid beskikbaar te stel,” sê Christa. Gansbaai Academia kan by 028-384-2370 gekontak word, of stuur ‘n   e-pos aan hulle by admin@gbacademia. wcape.school.za.

Hardus Botha 

R3 000 vir Matriekafskeid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles